
Foto: Canva
Nat kruis teen jou voorkop
Ôs ammal maak beloftes
verseel dit soms met ’n pinky promise
of deur te sê: God se waarheid
Ek het gerieken djy’s annes
djy’t ’n anne method gehad
onthou djy nog wat djy gesê ’it?
ek het djou geglo toe djy
daai nat kruis teen djou voorkop maak
djy belowe dat ôs saam gat wies,
die wêreld gat vi’ken
Tafelberg besoek en dit dek vi’ twie,
sonsondergang by Signal Hill kyk
innie Vondelpark soos twie kleuters sit,
salig
djy’t gepraat van troue,
saam oudword en kinnes aanniem
Ek dink t’rug aan die dag toe djy
jou vinger in djou mond gestiek ’it en
al jou beloftes verseel
met ’n nat kruis teen djou voorkop
genade


Kommentaar
Puik geskrywe.