
Foto: Canva
’n Laaste brief
Ek gaan ’n brief in jou laai los
voor ek jou verlaat
’n brief waarin ek uiteindelik
die reine waarheid praat
ek wil hê jy moet verstaan
waaroor alles werklik gaan
want jy glo steeds my lewe
gaan weer dieselfde wees
en dat ek eendag op ’n reëndag
volkome gaan genees
Die duisternis gaan toesak
in die plek van die lig
ek het nie krag vir ’n gesprek
van aangesig tot aangesig
die woorde uit my mond
sal jou tot raserny dryf
ek verkies om liewer
’n laaste brief te skryf
Ek is bevrees
jy sal die brief
in my afwesigheid moet lees
want ek sit op ’n tydbom
wat wag om te ontplof
kort voor lank
is ek stof tot stof


Kommentaar
Sjoe, soveel seer. Jou gedig is baie goed geskryf, lees gemaklik en ek voel die seer.