Christo Meyer

Christo is op 22 Desember 1973 in Kaapstad gebore. Hy matrikuleer in 1991 aan Scottsdene Sekondêr in Kraaifontein. Hy het eers in 2011 ernstig begin skryf met die publikasie van sy eerste kortverhaal in Son op Sondag. Sedertdien lewer hy sowat 200 stories en rubrieke vir dié publikasie en skryf ook nuusartikels op ’n vryskutbasis. Van sy verhale het in Kuier en Vrouekeur verskyn. In 2015 publiseer hy ’n kortverhaalbundel getiteld Man in die nag (selfpublikasie). Sy debuutjeugroman verskyn in die middel van 2019 by Naledi.‎ Christo beklee ’n senior posisie by ’n sekuriteitsfirma in Bellville. Hy is getroud, het drie kinders en woon in Eersterivier.

'n Laaste brief

Christo Meyer Poësie 2025-03-20

"Die duisternis gaan toesak
in die plek van die lig
ek het nie krag vir ’n gesprek
van aangesig tot aangesig"

Haweloos

Christo Meyer Poësie 2024-09-19

"Dan swaai hy om en stap weg
nes daardie vorige keer
sonder om vir oulaas
te gaan klop aan die deur"

Slagoffer van omstandighede

Christo Meyer Poësie 2024-06-20

"jy het geglo hy sal verander
aan daardie hoop het jy bly klou
al het jy bewus geraak
van sy liefde vir ’n ander vrou"

Die grootste skrik

Christo Meyer Poësie 2023-11-09

"Ek het aandagtig geluister
hoe hy sy hart uitstort
In ’n stadium het ek
so kwaad geword ..."

Die vrou by nommer 11

Christo Meyer Poësie 2023-10-27

"Twee mans het uitgeklim
en aan die deur
van die musikale vrou
by nommer 11 gaan klop"

’n Ma se laaste gebed

Christo Meyer Poësie 2023-10-05

"sou sy nie eers in haar wildste
drome kon raai
die Here het haar ma
se laaste gebed verhoor"

Hoopvol

Christo Meyer Poësie 2023-09-28

"Kom kuier vir jou ma
terwyl sy nog hier is
Ek is moeg van elke dag hoor
hoe sy haar dogter mis"

Net sewe jaar oud

Christo Meyer Poësie 2023-09-07

"Hy praat oor sy kleinsus
Van byna vyf jaar oud
Wat roerloos op haar bed lê
Haar liggaam styf en koud"

Een oggend in Bonteheuwel

Christo Meyer Poësie 2023-08-03

"iewers klap skote
ek hoor iemand gil
en dan ewe skielik
is alles grafstil"

Egbriek

Christo Meyer Poësie 2022-06-27

"ek wens ek het gewiet
hoe ommie egbriek te kee
but soedra djy djou vinges klap
haloep ek tot voo djou deu"

Vir Monica

Christo Meyer Poësie 2022-04-19

"Djy’t gesê djy is spyt
Djy het my ooit ontmoet
Djy’t innie nag ve’dwyn
Djy’t my nie ees gegroet"

Een aand in Bishop Lavis

Christo Meyer Poësie 2022-03-03

"Hul dwelms is ’n stroompie 
wat vry en vrolik vloei. 
’n Vrou wat aangerand is 
lê iewers doodgebloei"

Seer

Christo Meyer Poësie 2022-02-16

"Die pyn het kom nesskop in my hart 
Soos ’n bosluis op die rug 
Van ’n uitgeteerde hond"

Die proefleser

Christo Meyer Fiksie 2021-10-26

"Hoe durf hy? Ken hy my agtergrond? Ek was vir baie jare ’n taalonderwyser. Dis op aandrang van ’n goeie vriend in die uitgewersbedryf dat ek my op proeflees begin toespits het. Sommige mense is nou maar eenmaal net ondankbaar en klaar. Hy is natuurlik ontevrede oor ek sy werk so skerp gekritiseer het."

almal se vyand

Christo Meyer Poësie 2021-08-02

"sneuwel die burgers 
van ons pragtige land 
daagliks aan die hand 
van ’n vyand"

Top