Net sewe jaar oud

  • 1

Foto: Canva

Net sewe jaar oud

Hy storm by die deur uit
Om die buurvrou te gaan roep
Waar sy ’n sigaret rook
Op haar agterstoep

Hy praat oor sy kleinsus
Van byna vyf jaar oud
Wat roerloos op haar bed lê
Haar liggaam styf en koud

Die buurvrou het die polisie
En die ambulans laat kom
Nuuskieriges het soos vlieë
In die straat saamgedrom

Die seuntjie het twee glase
Vol suikerwater uitgedrink
En is gevra om die gebeure
Weer rustig te oordink

Toe huil hy en soos hy die trane
Van sy wange afvee
Onthou hy, hy was veronderstel
Om sy sussie se asmapompie
Betyds vir haar te gee

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top