almal se vyand

  • 1

Foto: Canva.com

almal se vyand

soos soldate in ’n oorlog 
met geen einde in sig 
sneuwel die burgers 
van ons pragtige land 
daagliks aan die hand 
van ’n vyand 
wat sy ware identiteit 
wegsteek agter ’n masker 
sodat hy niemand openlik 
in die oë hoef te kyk

hy betoon geen genade 
of respek aan die mensdom 
en het oor en oor bewys 
hy sal jou aan die keel gryp 
ongeag of jy 
in ’n dubbelverdiepinghuis 
naby die see bly 
of in ’n armsalige sinkhokkie 
iewers in ’n township

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top