
Foto: Canva.com
Vir Monica
Innie dae
Ennie wieke
Ennie maan’e wat wag
Sal ek sieke nog ve’lang
Na jou oulike lag
Jou oë sal sieke dikwels
In my confused brein ve’skyn
Tog sal ek op my eie
Moet deal mettie pyn
Djy’t net skielik beslyt
Ommie neighbourhood te ve’laat
Mense het gloe nonsens
Agte jou rug gepraat
Djy’t gesê djy is spyt
Djy het my ooit ontmoet
Djy’t innie nag ve’dwyn
Djy’t my nie ees gegroet
Het ek jou dan laat gloe
Ôs kan meer as vrinne wies
Of het djy ’it vanself
Tussenie lyne gelies?
Het ek miskien getry
Om jou te ve’lei
Of was djy vannie begin af
Aangetrokke tot my?
Ôs was baie kee allien
Innie selle ve’trek
Ôs het drukkies uitgedeel
Ôs het gesoen en gelek
Elke kee was ek te bang
Om oorie tou te trap
Soms herit gelyk
Of djy my wil klap
Ek konnit nettie doenie
Want ek was getroud
Die temptation was wel groot
En soms was ek benoud
Maa daa was net te veel
Wat ek kon ve’loo
Ek konnitie afford
Dat my huwelik ontspoo
Innie dae
Ennie wieke
Ennie maan’e wat wag
Gannit nog donke bly
Al skyn die son deurie dag
Jou lyk is ontdek
Aan ’n boem naby ’n vlei
In jou suicide note
Pak djy allie skuld op my


Kommentaar
Was die soentjies en drukkies agter geslote deure dan onskuldige pret? Die verleiding met latere verontskuldiging van mans word hier uitstekend verwoord.