Die vrou by nommer 11

  • 0

Foto: Canva

Die vrou by nommer 11

Lank terug
het ’n polisiekar
in ons straat kom stop

Twee mans het uitgeklim
en aan die deur
van die musikale vrou
by nommer 11 gaan klop

Aan die vrou se gille
kon ek aflei
hulle het slegte nuus gebring

Na daardie oggend
het sy nooit weer
op haar stoep gesit en sing

Nooit weer het die vrou ’n noot
op haar kitaar gespeel
Ek dink die skietdood
van haar enigste dogter
was vir haar te veel

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top