Hoopvol

  • 0

Foto: Canva

Hoopvol

Die dokter het gesê
die tyd raak min
Hy’t ook gesê ons moet ons stadig
op die ergste voorberei
Maar ek weier om te aanvaar
dis die begin van die einde
die besluit oor lewe en dood
is nie syne nie

Kom kuier vir jou ma
terwyl sy nog hier is
Ek is moeg van elke dag hoor
hoe sy haar dogter mis
Kom kuier en bring vars energie
en splinternuwe hoop
Ek is oortuig ek en jou ma
gaan nog ’n lang pad loop

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top