Foto: Canva.com
Seer
Die pyn het kom nesskop in my hart
Soos ’n bosluis op die rug
Van ’n uitgeteerde hond
Ek sukkel om regop te staan
My bene is niks anders
As ’n wankelrige brug
Elke aand voor slapenstyd
Stroom daar vars bloed uit die wond