
Foto: Canva
’n Ma se laaste gebed
Anders as gewoonlik
bid die vrou nie vanaand
vir haar hardkoppige seun
met die dwelmprobleem
of vir haar beeldskone dogter
met die losbandige gedrag
wat huwelike opbreek
en agterna daaroor lag
Vanaand bid sy
om rustig aan die slaap te raak
en dat die Here haar nooit weer
wakker moet maak
want selfs ’n sterk vrou soos sy
kan dinge net vat
tot op ’n punt waar sy voel
sy het meer as genoeg gehad
Die volgende oggend
het die dogter kom sê
Ek is besig met ontbyt
Wat wil Mammie hê
maar terwyl die dogter luister
hoe die wind buite waai
en sy besef sy het haar ma
finaal verloor
sou sy nie eers in haar wildste
drome kon raai
die Here het haar ma
se laaste gebed verhoor

