Slegs R380 vir die ATKV-Skryfskool én skouers skuur met skrywers

  • 3

Voornemende skrywers kan solank hulle dagboeke skoonmaak, want van 25 tot 27 Julie 2025 gaan die ATKV-Skryfskool weer tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée in Nxuba/Cradock aangebied word.

Bernard Odendaal (poësie) en Hannes Barnard (prosa) sal die skryfskool aanbied.

Bernard Odendaal is ’n digter, letterkundige, voormalige direkteur van die ATKV-Skryfskool op die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus, en voorsitter van PEN Afrikaans. Sy debuutbundel Onbedoelde land verskyn in 2007, waarna ’n rubriekbundel in 2016 die lig sien (Woorde hul stories sien ken) en sy tweede digbundel, Nootvat. Kwashaal. Stapel, in 2021 verskyn’n Bundel vertalings van Franse chansons, Piaf & Brel. Luisterryk!, het in 2023 uit sy pen die lig gesien (met Naòmi Morgan as medevertaler). In 2015 ontvang hy ’n ATKV-SA Akademie-prys vir gehaltenavorsingsartikels in Afrikaans.

Hannes Barnard het met Halley se komeet gedebuteer. Daarna het hy ook ’n reeks jeugboeke en ’n krimi geskryf. Sy tekste word vertaal en begin nou ook naam maak in die VSA.

Hierdie kort video toon grepe uit 2024 se ATKV-Skryfskool toe Bernard Odendaal en Hans du Plessis die leiers was.

Enigeen wat daarin belangstel om deel te neem, kan solank hulle naam en kontakbesonderhede aan Die Tuishuise & Victoria Manor verskaf deur ’n e-pos aan reservations@tuishuise.co.za te stuur.

Dit kos slegs R380 om hierdie skryfskool by te woon, en dit sluit alle kursusmateriaal in. Kursusgangers hoef dus slegs vir hul eie etes en verblyf te betaal.

Die prosaskrywers word aangemoedig om ’n eie kortverhaal na die skryfskool te bring, en die digters word versoek om een of twee eie gedigte saam te bring.

Wat meer is, hierdie R380 gee ook aan deelnemers gratis toegang tot die gespreksessies tydens die veldsoirée. Verskeie van ons land se kommentators en skrywers sal by die veldsoirée teenwoordig wees.

Die kursus word aangebied by die Victoria Hotel op Nxuba/Cradock en begin om 09:00 Vrydagoggend 25 Julie.

Die ATKV is die hoofborg van die ATKV-Skryfskool.

Daar is goeie verblyfopsies in Nxuba/Cradock, maar deelnemers word aangemoedig om verblyf by Die Tuishuise & Victoria Manor of by Buffelshoek DiRosie Lodge te ondersoek. Beide instansies verskaf ruim borgskappe om die Etienne van Heerden Veldsoirée moontlik te maak.

Om saam te vat: R380 betaal vir die skryfkursus, die kursusmateriaal en al die gespreksessies tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée.

Bespreek nou vir die ATKV-Skryfskool by reservations@tuishuise.co.za.

Vir verblyf:

Die Tuishuise & Victoria Manor

Buffelshoek DiRosie Lodge

Lees ook:

Fotoblad 1: Etienne van Heerden Veldsoirée en die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad

Fotoblad 2: Etienne van Heerden Veldsoirée, LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad en die ATKV-skryfskool

Fotoblad 3: Etienne van Heerden Veldsoirée en die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad

  • 3

Kommentaar

  • Louis Krouwkamp

    Môre.
    Wanneer is die sluitingdatum en wat is die voorwaardes vir inname in julle volgende bundel?

    • Izak de Vries

      Louis. Daar is nie 'n formele afsnydatum nie, maar bespreek asseblief voor die tyd, anders gaan daar dalk nie plek wees nie.
      Daar is nie tans 'n bundel ter sprake nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top