Elizabeth Venter2025-01-19So trots op Burgert Senekal met sy volhoubare, diepsinnige navorsing. Hy is die kwaliteitnavorser wat ons so nodig het in Suid-Afrika!
Barend vd Merwe2025-01-17Die PA is net nog 'n voorbeeld van 'n sukkelende "regse party". Hulle het ten minste darem die parlement gehaal. En selfs die kabinet. 'n Ander voorbeeld is die UIM van meneer Neil de Beer. Wat so "regs" is dat hulle een van die Bittereinders, die popsang
Barend vd Merwe2025-01-17Ek sien uit na jou rubriek. Ek dink nie aan myself as kommunisties nie. Hoewel dit baie moeilik is om jou eie politiek te takseer, is my politiek waarskynlik sentrum links, of te wel sosialisties van soorte.
Eintlik voel ek min vir georganiseerde politie
Kobus Laubscher2025-01-17Ek het Roelf se kommentaar en ook die insetsel van Tienie met groot belangstelling gelees.
Ek het Niël ook persoonlik geken en in my eerste jare as student aan Kovsies was daar baie gesprekke op 'n een-tot-een basis met Niël. Ek onthou die dag toe hy my
Jason Lloyd2025-01-17Barend, jy is 'n stok ou man wat vasgeval het in die uitgediende paradigmas van die Konserwatiewe Party, Herstigte Nasionale Party, die ANC, SAKP, PAC, ensovoorts. As 'n kommunis moet jy maar wag en my rubriek lees. Jy lees nie reg nie: ek het die woord m
Irize Loots2025-01-17Uitstekende artikel. Baie dankie.
Hierby egter ‘n versoek vir ‘n klein (maar belangrike) korreksie in die paragraaf oor Breyten se verse op CD’s:
Hierin word genoem “In 2002 word Lappesait by die KKNK opgevoer met Pedro Kruger en Eugenie Swanepoe
Barend vd Merwe2025-01-17Jy moes nou nog net bygeskryf het dat hierdie regse party van jou ’n Christelike Christen-party met Christelike Christen-waardes moet wees, dan sou jou rubriek presies soos een van Flip Buys se artikels geklink het.
Met sowat 28 miljoen mense wat sosia
Annora Eksteen2025-01-17Ek stem heeltemal saam met al hierdie gedagtes van SJ Naudé. Ook die letterkunde van nóú sal oor 'n honderd jaar nog gelees word. When it's out there ... it floats. So dink my muse altans en ek stem saam. Ek het pas begin lees aan Die derde spoel. Prag
Jean Terblanche2025-01-17Sjoe Prof Fanie, ek dink jy verwar die CSV met 'n Intelligensiediens. Jou inset kom uiters nydig en naïef voor. Soms werf intelligensiedienste akademici en amptenare as overte bronnetjies, so moet nie te veel brêg oor die toenadering nie. Tog so vroom d
Barend vd Merwe2025-01-17Mensig, Danie Langer oortref homself met daardie artikel. Dankie daarvoor Hanno. Maroela Media is nie juis 'n nuusbron wat ek graag lees nie, maar mens moet seker soms 'n oog daar gaan gooi. Langer noem presies wat ek hier bo ook as my vermoedens gelys he
Fanie Cloete, emeritus professor in beleidstudies, Universiteite van Johannesburg en Stellenbosch2025-01-16Nico, hoekom sien jy kritiek as venyn? Veral as doelbewuste revisionisme gepoog word om die geskiedenis te probeer hervertolk en herskryf? Ek is ongelukkig nie bereid om dit onkrities te aanvaar nie, en probeer bloot om 'n meer gebalanseerde perspektief w
Fanie Cloete, emeritus professor in beleidstudies, Universiteite van Johannesburg en Stellenbosch2025-01-16Toe ek dit met hom probeer bespreek het, het hy geweier om dit te verduidelik. Hy het sy skouers opgetrek en ontken dat hy enigiets aan my hoef te verduidelik. Niël het verskillende fronte voorgehou vir verskillende gehore.
Hanno Visagie2025-01-16Lees gerus ook "Die laaste Geloftedag bring hartseer" deur dr Danie Langner, besturende direkteur van die FAK en die Voortrekkermonument. - https://maroelamedia.co.za/debat/meningsvormers/die-laaste-geloftedag-bring-hartseer/
Tienie van Rensburg2025-01-16Ek ken vir Niël van laerskooldae op Otjiwarongo waar ons ouers huisvriende was en daarna op Universiteit waar ek vir Roelf Meyer opgevolg het as Studenteraadsvoorsitter. Ek het 'n lang, privaat gesprek met Niel gehad teen die einde van 2024 in die Hansa
Barend vd Merwe2025-01-15Die politiek is 'n pendulum wat gedurig maar heen en weer swaai. Elke klompie jare hoor mens die uitroep: dis 'n swaai na regs! Dan woed dit maar weer later uit. Dis soos Bitcoin wat ten hemele opskiet, net om dan weer te tuimel vir 'n korreksie.
Ek wou
Nico M Ferreira2025-01-15Ek verwonder my aan die venynigheid wat in Prof Cloete se relaas te vinde is. Dit laat my dink aan die ou Latynse uitdrukking wat, vrylik vertaal, as volg lui: "Moenie sleg praat van die dooies nie, want hulle kan hulself nie verdedig nie."
Raed-na-Gael2025-01-15Deur teen ander se kultuur te diskrimineer, doen sommige nie hul verkrygde ‘wokeness’ wat meer te make het met “die klok hoor lui..." en toe maar ge-“go with the flow“ het, gestand nie - wys jou net.
Stel voor hulle bepaal hul aandag op die vu
Sandra Pretorius2025-01-15Dis fantasties om weer gereeld artikels van Elsabé Brits te kan lees. Sy is een van die min werklik uitstaande Afrikaanse joernaliste. Ek hoop sy skryf weekliks vir julle en nie tweeweekliks of maandeliks nie.
Estelle Venter2025-01-14Boeiende stuk. Net: Maties het nog nooit ‘n BA-graad in Joernalistiek aangebied nie. Die Joernalistiek-departement, wat net nagraadse kursusse aanbied, is eers ‘n dekade of vier gelede in die lewe geroep.
Fanie Cloete, emeritus professor in beleidstudies, Universiteite van Johannesburg en Stellenbosch2025-01-14Enkele refleksies oor politieke transformasie, spioene en etiese optredes
Na aanleiding van al die lofredes oor dr Niel Barnard, wat pas na sy afsterwe op 13 Januarie 2025 in die media begin verskyn het, is dit nodig om die volgende enkele meer realistie
Connie Kerkmuis2025-01-14Dit is totaal en al onverstaanbaar hoekom die Europeërs nie oor hulle voete val om hulle eie tale vir Arabies te ruil en nie Islam aanneem nie en ander kulture nie in hulle huise in verwelkom nie. En kerm en kla oor als. Europa het dan so hard baklei tee
Engela de Jonge2025-01-13Ek is opsoek na 'n paar kort komiese dramas om by 'n aftreeoord op te voer. Die luisteraars/toeskouers is almal oor sewentig. Iets om hulle op te kikker.
Marlies Taljard2025-01-13Beste Gert.
Daar is baie maniere om resensies te skryf en daar is baie resensente wat "uit die hart" resensies skryf. Ek het hierdie resensie spesifiek meer "akademies" geskryf omdat ek dink dat die bundel groter literêre waarde het as wat op die oog af
Helene2025-01-12En ook Hoffie leef nie meer nie. Ons was almal saam per geleentheid in Kleinmond, ek dink in 1979, toe ek matriek in Hugenote Hoërskool Wellington was. Hoop ek kan jou nog eendag weer sien, Albert.