Belydenis oor my woorde

  • 24

Foto: Canva.com

Belydenis oor my woorde

Ek leer woorde lieg 
Ek skryf die leuens 
Ek verwag nie dat julle 
Moet verstaan nie 
Liefde dans oor die bladsye, 
maar ek weet dit is ’n lus vir iets, 
dalk om roekeloos te wees.

Miskien is dit hormone, miskien 
lieg woorde nie, dalk moet ek uitleef 
die begeertes sodat ek saam met julle 
dit lees as waarheid

Ek leer woorde dra swaar aan my leuens 
en my waarheid

  • 24

Kommentaar

  • Tanya de Lange

    Sjoe! Wat 'n inspirerende siening rondom woorde! Geluk vriend! Hierdie is werklik net nog 'n goeie versinnebeeld van die diepte van talent wat binne jou woorde geëts is!

  • Leona Conradie

    Hierdie gedig wys net weereens uit die gewig wat woorde dra. Pragtig Jerome♥️♥️♥️

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top