Kommentaar

Verpulpte siel

Anze Bezuidenhout 2020-07-20 Baie dankie Marlene ek waardeer baie.

Verpulpte siel

Anze Bezuidenhout 2020-07-20 Baie dankie Lorraine ek waardeer baie

Verpulpte siel

Nicolaas 2020-07-20 Eisj, kan 'n lyk verwese wees?

Kwarantynketting: "Dis COVID, en ek kou witbrood" deur Zirk van den Berg

Ja swaer 2020-07-20 Goodness, en die regering het nie eers/eens gevra watter ras jy is nie? Sommer net gehelp? Want hulle besef jy het daai belasting help betaal? Sjoe, so anders as hier in Suid Afrika, né?

kykNET kry eerste opwipkanaal met Kwarantyn! Hier is die families!

Eduan 2020-07-20 Adriaan as jy gister jou span gehelp het met woorde leer en oefen, in plaas van Scheepers toe hardloop en koekies bak, kon julle gewen het. Ek hoop jy voel lekker skuldig en leer 'n les. Braam het mooi gevra om te fokus op die kompetisies en later te kuie

kykNET kry eerste opwipkanaal met Kwarantyn! Hier is die families!

Eduan 2020-07-20 LeRoux verdien die karaoke wen! Dis maklik vir Scheepers, hulle het mense wat kán sing. LeRoux kan nie sing nie, dis onregverdige kompetisie. En... karaoke gaan nie oor meubels aandra en show opsit nie. Dit gaan oor mense wat 'n mikrofoon vat en probeer

Verpulpte siel

Marlene V. De Villiers 2020-07-20 0nverbeterlik neergepen. Dis baie hartverskeurend en ongelukkig sal tyd bepaal of dit tot einde sal kom.

Verpulpte siel

Theresa 2020-07-20 Sjoe, mooi gedig Anzé.

Verpulpte siel

Lorraine Smit 2020-07-20 Dit is ongelooflik mooi, Anzé

Ons klein planeet

Linda Zollner 2020-07-20 Baie goeie gedig.

Verpulpte siel

Anze Bezuidenhout 2020-07-20 Baie dankie Litnet vir die blootstelling, ek waardeer dit opreg.

Resensie: Ek wens, ek wens deur Zirk van den Berg

Abraham de Vr ies 2020-07-20 Zirk, Ek wens, ek wens is die beste wat ek in lank gelees het; dankie daarvoor en geluk daamee. Braam ( de Vries)

Fokusberoep: Juweliersontwerper en –vervaardiger

Louisa Janse van Rensburg 2020-07-20 Ek het 'n borsspeld wat oor die honderd jaar oud is. Het klein rooi stene met een groot rooi steen in die middel. Wil graag weet wat dit werd is.

Die rol van die Britse regering met betrekking tot slawerny en die konsentrasiekampe

Johannes Comestor 2020-07-20 In 'n opname onder Britse tieners is bevind dat 23% van hulle dink dat Winston Churchill 'n fiktiewe karakter is (Daily Maverick 20.07.2020). In lande soos Brittanje en Amerika is daar 'n wydverspreide neiging in skool- en universitere onderrig om disloja

Op soek na Heinz Konsalik

Ann 2020-07-20 Hello Ek kort nog: Engeltjies sonder vlerke Liefde in die Etensuur Enige iemand wat kan help?

Die rol van die Britse regering met betrekking tot slawerny en die konsentrasiekampe

Johann Basson 2020-07-20 1) Het swartmense nie swartmense in Afrika gevange geneem, verslaaf en aan buitelandse slawehandelaars verkwansel nie? Het Asiërs nie Asiërs in Asië gevange geneem, verslaaf en aan buitelandse slawehandelaars verkwansel nie? En wat van seerowery met ge

Doktor Elsa: Oor rook, stook ... en drake

Linda 2020-07-19 Wil.ophou. Dink dis die rede hoekom my ore toe geslaan het?

Op soek na Heinz Konsalik

Corne lindeque 2020-07-19 Hallo, ek stel belang om van die Konsalik boeke by jou te koop. Watter boeke het jy beskikbaar?

Bestemming: die Arktika

Tobie 2020-07-19 Maart 2020, doer ver ... en alweer veilig terug; ook in boekvorm? Geluk. Dit wil gelees word...

Resensie: Die kinders van Spookwerwe deur Lize Albertyn-du Toit

Jeannine Smit 2020-07-19 Pragtige boek. Het die realistiese beskrywings van die natuur en menslike emosies so geniet. Plaaswerkers is die hart van ’n plaas en so baie hang van hulle af vir ’n suksesvolle boerdery.

Nuwe dramareeks begin 14 Julie op kykNET

Annette 2020-07-19 Sien baie uit na “Spoorloos 2”. Sterkte vir almal wat ’n bydrae maak tot die uitsaai van die reeks. Vriendelike groete Annette

kykNET kry eerste opwipkanaal met Kwarantyn! Hier is die families!

Donovan 2020-07-19 Net die Scheeperse mag vanaand fliek, want ons voel hulle is gisteraand ingedoen met die karaoke, die Le Roux’s gaan seker nou weer klomp keer wen, want hulle is soos ’n klomp kinders wat sulk as hulle nie hulle sin kry nie. Hulle dink hulle is verhew

kykNET kry eerste opwipkanaal met Kwarantyn! Hier is die families!

Isabel 2020-07-19 Nee nee, opsigter en Emo Adams, ons aan die buitekant kan mos sien wie sit moeite in als veral met die karaoke, hoe kies julle dan? Scheepers is ’n klomp vroue net Astin maar hulle sit alles in! En opsigter dit lyk of jy ’n patroon het met punte gee r

Video: Die Afrikaners word bekendgestel

André Smit 2020-07-18 Waar kan ek ’n DVD van “Die Afrikaner” bekom?

Die rol van die Britse regering met betrekking tot slawerny en die konsentrasiekampe

Marietjie Warrington 2020-07-18 ’n Insiggewende aflewering wat ongetwyfeld lof verdien! Dankie hiervoor Danie van Wyk. My ouma Bekker was by Volksrust in die konsentrasiekamp as jong dogter en dis hier waar sy kennis gemaak het met die gruwels van die Anglo-Boereoorlog. Haar vertellin

Marionet

Louis du Plessis 2020-07-18 Eers het ek regtig gewonder of mens ’n reeks funksies van selle in een of ander soort vers aan mekaar kan ryg, tot ek onthou het dat diegene wat uitdagende paaie aangedurf het, soos Elizabeth Eybers, ons verseker het: jy mag maar ook ’n ysberg betree!

kykNET kry eerste opwipkanaal met Kwarantyn! Hier is die families!

Eduan 2020-07-18 En soos ons voorspel het, Roosknop, gaan Scheepers wen met voortrekkery! Dis duidelik sigbaar. Skielik wen hulle alles, tot koskenades. Wanneer het hulle skielik geleer om alles perfek te kook en dit in kwarantyn. Nie asof hulle gegaan het vir klasse nie.

werf, landerye: Rûens

Fer 2020-07-18 Mooi man. Prima poësie!

Inter-review with Helen Moffett about her novel Charlotte

Estelle Neethling 2020-07-18 This is a delightful inter-interview. “Charlotte” is clearly a must-read. The discussion also provides in-depth information into the extraordinary amount of passion, hard work and research that goes into what is clearly an excellent novel.

Tao

Hennie Smith 2020-07-18 Nico: jy daag mens uit tot denke met hierdie sterk gedig! Ek hoop vir nog.

Kunsmatige bewussyn

André Badenhorst 2020-07-18 Uitstekende en broodnodige artikel. Ek glo baie van die onoorkombare beperkinge tussen menslike en masjienintelligensie wat hier gelug word, sal byvoorbeeld oorbrug kan word, wat Elon Musk met sy Neuralink ’n “koppelvlak” tussen mens en masjien noem

Inter-review with Helen Moffett about her novel Charlotte

Janet van Eeden 2020-07-18 What a lovely book this is!

Noleen: Robert Young op tagtig

Margaret Cordier 2020-07-18 Huilmooi....

Edvard Munch se beroemde skildery, Moeder Natuur se kreet

Berdéhan Brand 2020-07-18 Om die balans in die natuur te herstel, sal meer as ’n jaar of twee se grendeltyd neem – ongeag hoe Moeder Natuur wil wreek. Die wat diertjies soos die ietermagô, sklipaaie en vlermuise wil eet, sal dit steeds doen. Dalk die mag agter Moeder Aarde (w

kykNET kry eerste opwipkanaal met Kwarantyn! Hier is die families!

Eduan 2020-07-17 Vanaand alweer 4 Le Roux-mans teen 5 van Scheepers se sterk deelnemers in die celebrity raai kompetisie! Lisa is sterker as Braam hiermee, dan is sy nie daar nie. Onregverdig!

Persoonlikheidseienskappe en vatbaarheid vir samesweringsteorieë

Charl Cilliers 2020-07-17 Baie sinvol en interessant, veral die gevolgtrekking dat dit kan tog “ook elemente van waarheid bevat”!

Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika

Willem Maritz 2020-07-17 Daar is ’n wesenlike verskil tussen die “NG kerke” en die “Gereformeerde kerk”. Die Gereformeerde kerk was eers gestig in 1859, so kan dus nie die “Gereformeerde kerk” wees waarvan geskryf word in hoofstuk twee, as kerk in die vroeë Kaap-k

Reza de Wet: Die dramaturg as dromer, Temple Hauptfleisch en Marisa Keuris (redakteurs)

Jacques van der Elst, Koördinerende redakteur Hertzogpublikasies, SA Akademie 2020-07-17 In opvolging van Daniel se vraag vind ek die opmerking oor “eentonigheid” en die vinnige opvolging van publikasies ook ietwat vreemd. Oor die eentonigheid: Van die SA Akademie se kant af het ons gedink om sekere standaardvereistes te stel: ’n Biog

Leopard's Leap leesmedalje – Horrelpoot deur Eben Venter

Elze Pieters 2020-07-17 Ek stem ten volle saam met die resensie. Ek wou die boek lees omdat dit Eben Venter is, maar dit het my nagmerries gegee.

kykNET kry eerste opwipkanaal met Kwarantyn! Hier is die families!

Willem 2020-07-17 Braam, sorg dat almal van LeRoux met koskenades in die kombuis deelneem. Adriaan en Lisa sit elke aand in die sitkamer dan waag hy dit om te sê dit moet volgens die resep wees! 3 Leroux in die kombuis moet deelneem teen 5 of 6 Scheepers. Nee, dit werk ni
Top