Hier is ’n lys van die voorgeskrewe letterkunde vir graad 12 Afrikaans (Huistaal en Eerste Addisionele Taal), met hulpbronne oor die werke of skrywers waar dit beskikbaar is.
Inhoud
Afrikaans Eerste Addisionele Taal
|
Afrikaans Huistaal
Poësie
uit Verse in my inboks: Graad 12, saamgestel deur Philna Scholtz en Elza Vorster
| Gedig | Digter | Hulpbronne |
| Nog in my laaste woorde | NP Van Wyk Louw |
♦ NP Van Wyk Louw: ATKV|LitNet-Skrywersalbum |
| Vincent van Gogh | DJ Opperman | |
| Twee kleuters in die Vondelpark | Elisabeth Eybers | |
| ’n brief van hulle vakansie | Breyten Breytenbach | |
| eerste worp | TT Cloete | |
| Die sagte sprong | Sheila Cussons | |
| besoekersboek | Fanie Olivier | |
| oupa Thomas Daniel Granfield | Ronelda Kamfer | |
| Wie's hy? | Adam Small |
- Video: Louise Viljoen bespreek die voorgeskrewe gedigte
- Juffrou Afrikaans: Prezi-aanbieding oor beeldspraak en stylfigure
Romans

| Roman | Skrywer | Hulpbronne |
| Manaka: Plek van die Horings | Pieter Pieterse | ♦ PowerPoint-aanbieding deur Lisa Smith |
| Vatmaar | AHM Scholtz | ♦ AHM Scholtz: ATKV|LitNet-Skrywersalbum |
| Die kwart-voor-sewe-lelie | Eleanor Baker | |
| Onderwêreld | Fanie Viljoen |
♦ Volledige bespreking van Onderwêreld |
Drama
| Drama | Skrywer | Hulpbronne |
| Trits: Mis, Mirakel, Drif | Reza de Wet | ♦ Book depository: aantekeninge |
| Krismis van Map Jacobs | Adam Small | ♦ Adam Small: ATKV|LitNet-Skrywersalbum |
- Besoek ook Taalarsenaal vir nuttige hulpbronne oor die voorgeskrewe letterkunde.
Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Poësie
uit Verskuns vir Eerste Addisionele Taal, saamgestel deur Riens Vosloo, Rina Lamprecht en Alicia van der Spuy

| Gedig | Digter | Hulpbronne |
| Rondom my* | Dawie de Jager | |
| Palimpses* | Johann de Lange | ♦ Johann de Lange: ATKV|LitNet-Skrywersalbum |
| Tien haikoes vir die Vredefortkoepel* | Hans du Plessis | ♦ Hans du Plessis: ATKV|LitNet-Skrywersalbum |
| Huiskat* | Elisabeth Eybers | |
| Ek het ’n huisie by die see* | HA Fagan | |
| Boekmerk | Marlise Joubert | |
| pryslied | Antjie Krog | |
| Die boodskapper | Peter Snyders | |
| Die nuwe kind | Pieter Strauss | |
| By die robot in Eerstelaan | Marita van Aswegen |
Sien ook:
- Juffrou Afrikaans se Prezi-aanbieding oor beeldspraak en stylfigure.
- Verskuns vir EAT (Macmillan): bespreking van die voorgeskrewe gedigte hierbo met ’n asterisk (*) gemerk
- Taalarsenaal: werkboek oor poësie met besprekings en kontekstuele vrae
Kortverhale
uit Spieëlbeelde, samgestel deur Linda Bredenkamp

| Kortverhaal | Skrywer | Hulpbronne |
| Rot in ’n val | H du Plessis | |
| Oom Dries se sorge met Jantjie | Felicia Goosen | |
| Veertig sinkplate teen die suidewind | Dana Snyman |
|
| Die ballade van Robbie de Wee | Deon Meyer | ♦ Deon Meyer: ATKV|LitNet-Skrywersalbum |
| Vegvlieënier Vivian | Francois Geringer | |
| Die weldoener | TT Cloete | |
| Roep van die vleikuiken | Margaret Bakkes | |
| Van Precious: ’n buisie salf | Maretha Maartens |
Romans

| Roman | Skrywer | Hulpbronne |
| Meeulanders | Esta Steyn | |
| Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom | Marita van der Vyver | ♦ Marita van der Vyver: ATKV|LitNet-Skrywersalbum |
| Kringe in ’n bos | Dalene Matthee | ♦ Dalene Matthee: ATKV|LitNet-Skrywersalbum |
| Lien se lankstaanskoene | Derick van der Walt |
♦ Toets en memorandum opgestel deur Dewald Koen ♦ Video: Derick van der Walt bespreek Lien se lankstaanskoene |
Drama

| Drama | Skrywer | Hulpbronne |
| Poppie | Elsa Joubert | ♦ "Hoe dit gekom het dat ek Poppie geskryf het" deur Elsa Joubert |
| Paljas | Chris Barnard | ♦ Chris Barnard: ATKV|LitNet-Skrywersalbum |
| Fiela se kind – die drama | Dalene Matthee |



Kommentaar
Ek soek meer inligting oor Bart Nel en Die Keiser
Hallo Marlene, hier is LitNet se skoleinhoud: https://www.litnet.co.za/category/akademies/skole/. Jy kan tot ondertoe afskuif en verder aanblaai om te sien of daar inligting oor hierdie werke beskikbaar is. Groete, Naomi Meyer, inhoudsbestuurder
Ek soek inligting oor die gr 12 HT gedigte soos voorgeskryf 2018 of enige Powerpoints en verduideliking. Dankie
Hallo! Hier is 'n indeks van al die vraestelle wat op LitNet beskikbaar: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Ons voeg so gereeld moontlik nuwe inhoud by. Groete, Naomi Meyer, inhoudsbestuurder
Soek vraestoor hannehoekom asb
Hallo Breta, ons voeg so gereeld moontlik nuwe inhoud by. Daar is nie op hierdie oomblik vrae wat direk op Hanna Hoekom betrekking het, op LitNet beskikbaar nie. Maar ons het 'n akademiese artikel wat handel oor genderuitbeelding van vroulike karakters in boeke soos Hanna Hoekom: https://www.litnet.co.za/die-aard-van-genderuitbeelding-van-vroulike-hoofkarakters-onlangse-afrikaanse-jeugliteratuur/. Dit kan dalk stof tot nadenke bied. Groete, Naomi Meyer, inhoudsbestuurder
Niks van die Taalarsenaal kan oopmaak nie!
Die Oos-Kaapse Onderwysdepartement, wat hierdie inhoud beskikbaar gestel het, is bewus van die probleem en gee aandag daaraan. Groete, Naomi Meyer, inhoudsbestuurder
Hi. Can you please fix the links under kortverhaal for EAT. Thanks
Hi there! Thank you for your enquiry. The employees at Taalarsenaal are aware of the problem and they are attending to this as soon as possible. Best wishes, Naomi Meyer, Content Manager: LitNet.
Hoe kan ek toegang kry tot die "power points" en ander inligting op hierdie website?
Hallo Jeanne, hier is 'n indeks van al die vraestelle wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Dit is ingedeel volgens graad. Om toegang tot elke oefenvraestel, memo of power point-aanbieding te kry, klik slegs op die skakel en die dokumente maak self oop. Dis gratis beskikbaar. Groete, Naomi Meyer, inhoudsbestuurder
Hi. ek probeer die gedigte se powerpoints oopmaak maar ek kom nie reg nie asb help?
Hallo JC, die Taalarsenaal se mense verseker my dat hulle aandag gee aan die probleem. Daar is wel heelwat van die skakels (die inhoud wat op LitNet self beskikbaar is) wat inderdaad werk en wat as hulpmiddels gebruik kan word. Groete, Naomi Meyer, inhoudsbestuurder
Ek soek asseblief vorige vraestelle en memorandums vir Afrikaans Gr10 tot 12, veral letterkunde.
Hallo Ilse, hier is 'n indeks van al die vraestelle wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Ons voeg so gereeld moontlik nuwe inhoud by. Die indeks is ingedeel volgens graad. Groete, Naomi Meyer, inhoudsbestuurder
Goeiedag, is daar enige inligting bv. opsommings, vrae en antwoorde beskikbaar oor Spieëlbeelde of dalk sommige van die kortverhale?
Baie dankie
Hanlé Pretorius
Hallo! Hier is 'n indeks van al die vraestelle wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Dis ingedeel volgens graad en vakgebied, blaai daardeur en sien of die opsommings waarna jy op soek is, hierby is en laai gerus af. Groete, Naomi Meyer, inhoudsbestuurder
Vra asb vreastelle van onderwereld en krismis map Jacobs asb en die gedigte
Hallo! Hier is 'n video-bespreking van Onderwêreld, ek hoop dit help al 'n bietjie om die boek beter te verstaan: https://www.litnet.co.za/lok-simposium-2017-onderwereld-klaskamer-video/. Groete, Naomi Meyer, inhoudsbestuurder
Goeie more. Kan u my asb. laat weet of die kortverhale en gedigte vir EAT in 2020 dieselfde gaan bly?
May I have summaries in English please of the following: Oom Dries se sorge met Jantjies by Felicia Goosen, and Veertig sinkplate teen die suidwind by Dana Snyman.
Dear Nomhle, we do not have English summaries of the material you are looking for, but take a look at the rest of our revision articles and exam papers: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Scroll down through the list to see if there is anything which can be of help. Best of luck with the exams, Naomi Meyer, content manager
Hallo
Ek is op soek na ’n uitgewerkte opstelvrae oor “Onderwêreld” en “Krismis van Map Jaobs” asseblief? As ek inligting kan kry oor waar ek iewers ’n studiegids van “Krismis van Map Jacobs” kan bestel, sal dit wonderlik wees. Baie dankie
Beste Melissa
Ek hoop dit gaan goed.
Besoek LitNet se skole-indeks: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/
Dit het verskeie hulpbronne vir leerders.
Neem asseblief kennis dat hierdie hulpbronne addisioneel tot bestaande skoolwerk is, en nie die voorgeskrewe werk vervang nie.
Vriendelike groete
Hi daar, hopelik kan iemand my help. Ek is o psoek na voorgeskewe kortverhale vir graad 11 en 12 van 1996 – die tema was die invloed.
Beste Edward
Ek hoop dit gaan goed.
Besoek LitNet se skole-indeks: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/
Dit het verskeie hulpbronne vir leerders.
Neem asseblief kennis dat hierdie hulpbronne addisioneel tot bestaande skoolwerk is, en nie die voorgeskrewe werk vervang nie.
Vriendelike groete
Op soek na vrae en antwoordstelle vir Raka.
Hallo! Hier is inligting oor die digter van Raka, NP van Wyk Louw: https://www.litnet.co.za/np-van-wyk-louw-1906-1970/. Hier is ook 'n indeks van vraestelle wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Dit is ingedeel volgens graad en vakgebied. Blaai gerus daardeur om te sien of daar iets is wat kan help, of kan help met ander eksamenvoorbereiding. Sterkte met die voorbereiding. Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder
Hallo. Ek soek dringend Afrikaans EAT Taak 7 Letterkunde (Fiela se kind).
Goeiedag! Ons het ongelukkig nie daardie taak op LitNet beskikbaar nie, maar hier is die LitNet | ATKV-Skrywersalbum van Dalene Matthee, die skrywer van Fiela se kind. Wat ander verderde voorbereiding vir die eksamen betref ... Hier is 'n indeks van die toetse en vraestelle wat gratis op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Dit is ingedeel volgens graad en vakgebied. Blaai daardeur om te sien wat beskikbaar is. Klik telkens op die skakels om die inhoud gratis in PDF-formaat af te laai. Sterkte vir die eksamen. Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder