Twee families gaan vanaf 10 Junie 2020 meeding vir die publiek se stemme terwyl hulle vir amper 2 maande in kwarantyn gaan moet leef. Op die spel is ’n kontantprys van R250 000.
Maak gereed vir Kwarantyn, wat ’n eie spesiale opwipkanaal op DStv-kanaal 149 het vir Premium- en Compact PLUS-kykers vanaf Woensdag 10 Junie 2020.
Verwag drama, pret en manewales wanneer hierdie twee families met mekaar moet huishou terwyl hulle ook alles in hulle vermoë doen om die harte van kykers te wen.
Jy’t reg gehoor. In Kwarantyn help die kykers besluit wie uiteindelik die kontantprys van R250 000 verdien nadat hul vir 50 dae regstreeks kon dophou hoe hierdie twee families verskillende uitdagings, take en selfdoenprojekte aanpak. En dit alles agter slot en grendel.
Elkeen van die families sal in ’n nuwe huis intrek en langs mekaar woon. Nie net moet hulle vir twee maande lank saamleef nie, maar hulle sal ook teen mekaar meeding deur, onder meer, volgers op sosiale media te probeer werf en elke aand in ’n speletjiesaanduitdaging teen mekaar te speel vir punte. Suksesvol voltooide uitdagings sal soms beloon word met luukshede en bederfies. In elke huis sal egter ook streng reëls neergelê word.
Maar net één familie sal uiteindelik as die land se gewildste familie bekroon word.
“Voyeuristiese televisie het kykers nog altyd gefassineer en om twee dinamiese Afrikaanse families vir 24uur per dag vir vyftig dae aan een dop te hou, kan sorg vir groot opwinding, vermaak, emosionele oomblike, nuwe insigte en verrassings. Ons weet nie wat om te verwag nie, maar sien uit waarmee die twee families vorendag gaan kom” – Karen Meiring, Direkteur M-Net: kykNET-kanale.
Ontmoet die families
#SpanLeRoux

Foto: verskaf
Dié familie kom van Centurion. Pa, Braam Le Roux (50), sal graag vir sy dogter se troue met die wengeld betaal indien sy familie wen. Hy raak nie maklik verveeld nie en beklemtoon geesdriftig: “Ek is ’n bok vir sports!” Sy vrou, Jana Le Roux (49), lag graag vir haar familie se grappe en geite, maar sy glo vas dat haar familie as oorwinnaars sal uitstap ná die 50 dae, want hulle het spangees en hope ywer.
Hulle kinders, Lisa (25) en Manie Le Roux (19), hou beide van wen, maar is ook nie slegte verloorders nie. Lisa is verloof aan Adriaan Briel (26), wat ook in die huis sal wees saam met sy aanstaande skoonfamilie. Hy is mal oor poetse bak en sê hy’s nie bang vir verveling nie, want hy het uithouvermoë.
Hul neef Heinrich Olwage (25) is ook deel van #SpanLeRoux. Hy hou daarvan om innoverend probleme op te los en belowe dat sy familie kykers voorwaar op hul tone gaan hou.
#SpanScheepers

Foto: verskaf
Dié saamgestelde familie is oorspronklik van Johannesburg. Ma Avril Scheepers (46) en tante Pamela Okkers (53) sal hierdie energieke familie lei. Beide is sterk vroue wat oortuig is daarvan dat hul familie as wenners sal uitstap, want hulle is talentvol, interressant en baie snaaks.
Avril se seun, Austin Scheepers (19), se borrelende persoonlikheid gaan verseker dat hy vriendskappe smee al bly hy steeds uiters kompeterend. Span Scheepers bestaan ook uit hul uitgebreide familievriende naamlik die twee Hendrick sussies Kel-cee (20) en Jade (18) wat na hulself verwys as “die niggies”. Kel-cee is ietwat aan die stiller kant en beskryf haarself as “die persoon wat liewer kyk en lag”. Die span is voltallig met die teruggetrokke Caryn Cloete (21) wat maklik vir almal se poetse val.
Die jong Jade Hendricks glo #SpanScheepers is vol persoonlikhede wat die hele land sal vermaak met hulle grappe, giere en maniere.
Eersdaags sal hierdie twee families dinge moet uitspook terwyl die hele land hulle met valkoë dophou. Dit alles vir die wenbedrag van R250 000 en die kroon as Suid-Afrika se gunsteling Kwarantyn-familie.
Ontmoet die families hier:
Kyk Kwarantyn vanaf Woensdag 10 Junie 20:00 op kykNET DStv-kanaal 149.
Hoogtepunte episodes Maandae, Dinsdae, Donderdae, Vrydae en Saterdae om 17:00 op kykNET DStv-kanaal 144 en Woensdae om 20:00.


Kommentaar
Kan nie wag om hulle dop te hou nie ...
Ja, wil dit asseblief volg. Hou van Live TV.
Wat word van die oorskietkos wat so gemors word? 'n Plastieksak vol gaar rys? Daar is mense en diere wat nie vanaand kos het nie!
Klaar mal oor dié program ... Sal graag wil kommentaar lewer asb! Dankie!
Ek geniet die program sover maar dis nog vroeg in die tydperk sal sien of hulle dan nog so op en wakker sal wees
Dankie vir lekker vermaak. By Le Roux-familie is pa Braam te stil. Adriaan se lag te hard en gedwonge. By Scheepers-familie is daar ook iemand wat haar lag uitdruk. En hulle is te bewus van die kameras. Algemeen: Albei families moet buiten opdragte, meer werk om ons te vermaak. Wat van wegkruipertjie, spookstories vertel of boeresport onder mekaar? DIERE: Wat word van hulle nà Kwarantyn? Kry die katte nie koud buite in die nag nie? Snags ipv kameras op slapende huis, fokus op die diertjies.
Ek wil ook graag weet aan wie behoort die katte? Wie versorg hulle? Ek stel voor die gesinne kuier nie so laat Saterdag aande by die lapa nie dat die arme katte na hulle beddens kan gaan. Dis koud! Wat word van arme Max na kwarantyn, hy raak nou lief vir hierdie gesin. Sien een van hulle kans om hom huistoe te vat?
Is die treadmill net vir een gesin of persoon se gebruik? Of vir almal. Moes hy nie by die lapa gestaan het vir almal se gebruik nie?
Goeie dag Kyknet Kwarantyn span.
Ek is Elmar Devenish en is n Groooot Fan van Kel-cee. Danksy julle vir die regstreekse realiteitsprogram wat julle aanbied. Ek kyk dit elke dag en is gelukkig genoeg om op verlof te wees vir die eerste paar weke van die program. Ek weet nie wat ek gaan maak wanneer die tyd kom waar ek weer moét terugkeer vir werk nie. Ek het gedink om die program te stop kyk,want dit vat jou as mens en kyker hier by die huis self op n "rollercoaster ride",maar ek moet bieg, julle span doen n "amazing job".Welgedaan.
Gepraat van gemoedere wat hoog loop. Spesifiek gisteraand 18 Junie 2020 het ek baie hartseer gevoel by die gedeelte van die Scheepers familie. En sou ek iets vir hulle kon sê sou dit so verloop het:
Kel-cee, gisteraand toe jy uitbars intrane het ek saam met jou gehuil. Ek het op daardie stadium gevoel om jou net n drukkie te kon gee het. Ek weet dit is moeilik, so geïsoleerd. Dit kos n prys en dat jy jou ma verskriklik verlang. Hou goeie moed. Ek weet dis nie maklik nie,dat dit makliker is vir my om te praat,maar asb ek weet jy en jou sussie,Jayda, kan dit doen. Ek is n Grooooot Fan van jou. Jou danspassies, jou persoonlikhied dis "nice", vriendlikheid "wow" as Suid-Afrika moet leer wat vriendelikheid beteken moet hulle jou sien en wie kan nou nie saam lag wanneer jy lag nie. Mens dis lekker en so aansteeklik."Love" dit.
Austin, "Wow" wat n "energetic" persoon. Wees jy net jy. Ek en my ma is net so mal oor jou. En ja ek weet jyt gisteraand genoem dat ons as kykers moet nie verwag dat julle 24/7 so "entertaining" moet wees nie en ek verstaan. Maar wanneer jy af is kan ek dit,nie net sien nie, maar aanvoel ook. Jy is die "spark" in die huis.
Aunty Avril, dankie vir die inspireerende woorde gisteraand. Dankie vir die rol as ma in die huis. Ek het nie "Instagram" waar ek kan n boodskappie stuur nie,maar ek stem al die pad vir julle per Sms. Dit kos my lugtyd, maar ek gee nie om nie. Dankie vir u woorde om te sê dat die kinders weg moet bly van "social media". Ek weet julle ken my nie en ek ken julle ook nie,maar die stukkie wat ek die afgelope dae beleef het om julle elke dag te kan sien, het my kom lief raak vir julle Scheepers familie. Hou aan om die kinders aan te moedig.
Teacher Pam, u het n" loving gentle spirit". You are so kind. Asb moenie ophou om God se woord te verkondig saam die huisgesin nie. En wat n goeie voorstel gisteraand. Ek het hande geklop toe u voorstel om elke dag voor julle begin om te bid. Niks kan ons doen sonder die Here se genade nie. And to that I say Amen!
Julle as span is uniek. Wat dit so spesiaal maak is julle kom uit verskillende huise uit, so divers. Dit laat dink my aan die Springbokke. Almal het verskillende agtergronde, maar eendoel voor oë. Om die Wêreld beker te wen. Onthou net julle is uitverkies uit baie gesinne en dit sê kla alles.
Hou by julle "game plan"en ja ek kan nie wag om julle verder te kyk nie.
Sterkte.
Jayda en Caryn pas vir Max mooi op.
Ek ondersteun die Scheepers familie hier uit Wolseley in die Wes-Kaap.
Ek geniet albei spanne, maar die Scheeperse kry my stem, hulle is baie meer “entertaining” as die Le Roux-familie en ek moet se hulle karaokevertoning was tops!
Scheepers-familie die beste! Eks net bekommerd oor die ou hond, want waarheen gaan hy na die 2 maande? Nog nooit gesien dat hy kos kry?
Hoekom kry net een gesin ’n treadmill? Dis mos onregverdig.
Die Le Roux-familie kry my stem, definitief die beste. Ook baie netjieser as ander familie. Wonder ook wanneer die Scheepers-hond gevoer word?
Moet daar heeltyd gesing word in die Scheepers huis? Dit raak boring. Nog nooit sulke chaos in 'n kombuis gesien nie, party maak kos, ander eet poeding (voor ete!), Jada doen die minimum!
Hoekom die gefluister in die Scheepers huis?? Of mikrofoon kastig onder toppie of pienk kombersie? Dan kan ons net sowel ophou om te kyk. Ons wil nie net die gesing sien nie, ons wil gesprekke ook hoor. Gesprek in kamer om meisies se onderonsie uit te sorteer, was goeie kykgenot!
Opsigter, ons verwag antwoorde op ons bogenoemde vrae. Dit sal lekker wees om antwoorde te kry.
Die Opsigter moet nie dat die deelnemers die boodskappe van buite af kan lees nie dit kan spanne bevoordeel. Go Adriaan en Austin!
Le Rouxs pa moet ophou inmeng en sing asb!
Hoekom maak ouers van Scheepers nie gou ete met die oorskiet vleis en groente nie? Dis so maklik!! Nou bly hulle honger!!!
As Scheepers aanhou fluister agter die balonne, kyk ek nie verder nie! Is dit nie veronderstel om soos Big Brother te wees, dat mens alles kan hoor nie? Altyd 'n gefluister!!
Jana word gediskwalifiseer! Wat van Pam wat gisteraand vir Austin ook 'n rasistiese opmerking gemaak het??? Wees regverdig!!
Is wat Pam gisteraand met die card game vir Austen gesê het, dan nie rasisties nie. Of word dit oorgesien?
Sê maar niks dan is daar niks
Ou Max kry wel aandag maar kan hy tog nie ASB soms van daai baie oorskietkossies kry nie. Ek kan sien hy pleit soms daarvoor!
Sover ek kan onthou het die Scheepersfamilie vanaand net 2 vrae verkeerd gehad. Nou het hulle maar 13 en die Le Roux's, dink ek 18. Is dit reg?
Heinrich sê nooit iets as ander familie by is nie behalwe as hy MOET 'n vraag gaan lees. Opsigter, dink jy hy dra iets by vir die familie?
Scheepers mors met kos onder andere 3 bosse seldery? Wanneer wil hulle alles opgebruik? Soveel vars groente het ek nog nie in een huis gesien nie. Dalk moet hulle dit eers gebruik voor hulle volgende week weer bestel. Opsigter kan ook maar oplet daarna. Daar is mense wat nie kos het nie!
Ek stem saam Naomi, "sê niks dan is daar niks." Hy dink dalk ook dieselfde. Ja, arme Max soebat ook vir huis kossies, maar hulle krap dit in die asblik uit.
Ek sou kyk na eetgewoontes. Brood afknyp en eier opskep/opvee met 'n stuk brood. Dit lyk morsig. Gebruik messe en vurke of maak 'n toebroodjie.
Wel ek soebat al van begin ad omdat Scheepers hond NET pille kry. Kan j ulle nie asb vir ou Max van die weggooikossies gee nie. OPSIGTER, ASB KYK BIETJIE DAARNA!
Hoekom praat Heinrich NOOIT as ander familie by is nie, dit lyk soms of hy stom is nie n enkele word uit sy mond nie!
En daar bevoordeel Opsigter weereens vir Scheepers deur hulle te waarsku oor broodjie met slaai op wat hulle in oond wil sit!!! Toe haal hulle slaai gou af om later vars slaai op te sit. Nee dit werk nie so nie! Gaan hy Le Roux ook waarsku volgende keer en hulle bevoordeel?
Willem, dis hoe dit oral gaan. Maar as Le Roux span verloor, gaan ons weet dis met voortrekkery.
Scheepers huis 'n kombers teen verwarmer! Brandgevaar! Opsigter moet wakker wees.
Heinrich doesn't speak much. Not a fun dude, has this weirdo look in his eyes ... Scary. The Scheepers, come on guys, even though you have my support, you need to cook or prepare food neatly and with pride. Austin you too hyperactive, gives me a headache, maybe give some of your energy to Heinrich (GRUMPY SMURF).
Help asb net die Opsigter reg. Dis kekerertjie (keker-ertjie uitgespreek) nie kekertjie nie!
Moes daar nie net 3 van 'n span aan die koek uitdaging deelgeneem het nie? By LeRoux het Adriaan en Hein aan die koek gewerk en Lisa versiersuiker gemeng. By Scheepers het Austin, Kel-cee en Caren gewerk, terwyl Jada/Pam versiersuiker meng.
Hy is 'n introvert wat dit baie moeilik maak om met vreemde mense te gesels. Eers wanneer mens hulle ken en baie gemaklik is, kom gesels dan makliker. Hy het gisteraand vir Jada mooi gehelp met "pool" speel.
Opsigter penaliseer LeRoux oor botter!! Dis reg so vir Vegan. Wees dan konsekwent en penaliseer Scheepers vir Pam wat altyd anders eet en nie deelneem aan koskenades nie.
Ek kan nie glo dat ek soveel maandeliks moet betaal om na die snert op kyknet te kyk nie. Dit het geen opvoedkundige waarde nie en vermaaklikheidswaarde is zero. As hierdie lae vlak vermaak opgedis word skakel ek eerder tv af.
Kan die gesinne mekaar nie weer in die aand "prank" nie? Dis boring om na 3 meisies in die kamer te kyk.
More, kan Lisa bietjie minder soos 'n klein dogtertjie praat en groot word sy is al darem verloof rerig!
Ek vertrou nie vir Heinrich nie
Dringend: Kan die stukkende bal groot asseblief van Max se speelding afgehaal word? Dis ongesond en gevaarlik vir hom om stukke bal in te sluk.
Minder van die gesingery Asb. Ons is moeg daarvoor. Heeldag sing, sing sing.... skakel asb oor na ander huis as daar gesing word. Ek kan dit nie meer vat nie. Asb, asb, asb!
Wat het geword van die Dinsdag en Donderdagaand shows wat die 2 huise sou aanbied, na die 8uur game? En sou daar nie vanaand spa-aand gewees het by Scheepers nie? Het die vorige spa vreeslik geniet. Dit was nou entertaining🤣.
Die Le Roux's! Kan Lisa asseblief ophou skree soos 'n klein dogtertjie wat lyk of sy
gewoond is aan niks! En Hein wat heeltyd aan sy snor vat en dan aan die kos.
Nog nooit so ’n koue onvriendelike mens soos Hein gesien nie. Kan hy praat? Leer biekie vriendelikheid by Adriaan ... pragtige mens!
Gisteraand moes van die begin af mooier verduidelik gewees het wat ROCK aanbetref. (Ferdie) Die Scheepers sou rêrig nie so dom opgetree het om verkeerd te kies nie, hulle is ’n klomp girls en net hulle lippe moes swart gewees het! So geen suur druiwe nie.
Lisa sê vir haar pa hulle moet ’n tentkompetisie hou! Jy kan dit mos nie doen nie. Julle is ’n klomp mans, hulle is net ’n klomp vrouens. Nee nee rêrig!
Ek wil weet of hulle nie iewers op die tv vir 'n mens kan laat lees wat die opdragte is en ook wie dit wen. 'n Mens kan nie aldie tyd kyk nie en wanneer mens inskakel weet mens nie wat aan gaan nie. Dan gaan mens maar weg van die kanaal.
Is dit nie nou besig om verskriklik boring en baie voorspelbaar te raak nie? Sodra LeRoux die spanbou wen, weet ons al dat Scheepers die kos gaan wen. Boring.....
Het Kel-Cee nou maar die potplant weggevat voor haar bed wat hulle so laat agteruitgaan het? Ek sou hulle gestraf het daarvoor as ek Opsigter was. Die minste wat hulle kan doen, is om die potplante water te gee. Regtig?? Is dit te veel moeite?
Gee asb vir Max van sy dogbiscuits as julle so koekies voor hom eet en hy vra so mooi vir 'n stukkie. Kan mens so gevoelloos wees om hom in die oë te kyk en dit dan voor hom in jou mond in te prop? Ek kan dit nie glo nie!
Kon hulle Janna nie net n boete gegee het nie want wragtig daardie woord wat sy geuiter het word daagliks gebruik
Waar het jy gesien jy gaan sit om hare in te vleg met 'n sjefbaadjie aan? Nee Opsigter praat 'n slag!! Haartjies op baadjie, dan weer terug kos toe en môre aand weer kos maak met dieselfde baadjie aan! Bly ek eet nie daar nie.
Ek dog Opsigter sien alles! Die potplante in beide huise is besig om dood te gaan onder sy "wakende" oog. Vir mense wat nie veel doen nie, is dit 'n skande om nie eers die plante water te gee nie. Hoe dink hulle moet die plante leef? GEE WATER ASSEBLIEF!
Ek stem saam ek het gekyk hoe hulle die Hoender Thai dis gemaak het die Le Roux's het eers die hoender gebraai met geurmiddels en toe die vloeistof by gesit. Die smaak moet beter wees as om die sous te maak en die hoender daarby te voeg.
Ag nee, Scheepers het nie eers 3 van hulle eie bakke gehad om mee te begin nie, maar hulle wen!! En dan nog die koskenades ook. Gee sommer nou al die kompetisie en prysgeld vir hulle, dan hoef ons nie verder ons tyd voor die tv te mors nie.
Ons weet hulle gaan dit kry, al is dit met 'n geknoeiery, soos iemand vroeër ook gesê het!
Ek is mal oor die Le Rouxs. Daar is orde in die huis. Mal oor pa Braam en Manie Luis.
Opsigter! Hein gaan beswyk aan ’n hartaanval met Astin daar. Sit hom in die Scheepers-huis, dan sal jy sien.
Die LeRoux’e se audition show met Austin is uitstekend, dan skakel kykNet oor na Jada wat skottelgoed afdroog! Regtig! Ek gaan maar eerder slaap as om dit te kyk.
Geniet die show baie. Net nie mal oor die geskree nie.
Hein deel persoonlike inligting met Austin om hom beter te laat verstaan en om die band tussen hulle te verstewig en nog steeds kla Austin aan ontbyt tafel dat dit nie sin maak vir hom nie. Tipies!!! Nooit tevrede nie. Moet altyd kla oor iets. Almal moet altyd versigtig wees oor wat hulle sê, maar dan sê Scheepers self vanoggend mens kan nie altyd versigtig wees voor jy praat nie en mens moenie so fyngevoelig wees nie. Moet die brood dan aan albei kante gebotter wees voor hulle tevrede gaan wees?
4 Scheepers teenoor 3 LeRoux wat deelneem aan koskenades. Is dit nou regverdig? Een moes uitgesit het!! Of Adriaan moes deelgeneem het. Opsigter kyk!!! Jy is onregverdig!
Ek wil net 1 dag hê om die mense te help om verder te dink as net aan hulle self. Amper 'n halwe brood in die asblik gooi!! Daar is soveel honger mense. Gooi dit dan vir die voëls, kos is min in die winter. Moenie alles in die asblik gooi nie!
Gaan LeRoux nie ook nou huil en depressed raak omdat hulle verloor het nie?? Ons is so gewoond Scheepers doen dit. O ja, en storm na hulle kamers toe. Mooi LeRoux, dis hoe dit gedoen word, vat 'n verloor sonder om soos 'n kleuter op te tree.
Geroosterde groente word nie in 'n pan op die stoof sag gekook nie! Daar word ook nie mushroomsous onder in filo bakkies geskep nie. Dit raak soggy. Dit moes nooit gewen het nie. Kry 'n sjef om regverdig te beoordeel.
Braam, sorg dat almal van LeRoux met koskenades in die kombuis deelneem. Adriaan en Lisa sit elke aand in die sitkamer dan waag hy dit om te sê dit moet volgens die resep wees! 3 Leroux in die kombuis moet deelneem teen 5 of 6 Scheepers. Nee, dit werk nie so nie. Almal in die kombuis!!
Vanaand alweer 4 Le Roux-mans teen 5 van Scheepers se sterk deelnemers in die celebrity raai kompetisie! Lisa is sterker as Braam hiermee, dan is sy nie daar nie. Onregverdig!
En soos ons voorspel het, Roosknop, gaan Scheepers wen met voortrekkery! Dis duidelik sigbaar. Skielik wen hulle alles, tot koskenades. Wanneer het hulle skielik geleer om alles perfek te kook en dit in kwarantyn. Nie asof hulle gegaan het vir klasse nie. Seker nog LeRoux se eie bloukaassousresep teen hulle gebruik. Dis wat gebeur as mens jou resepte deel in ’n kompetisie, LeRoux! Wonder as daar geproe word sonder dat iemand weet wie se kos dit is, of hulle nog sou wen. Ons hou jou dop Opsigter en ons sien wat aangaan!
Nee nee, opsigter en Emo Adams, ons aan die buitekant kan mos sien wie sit moeite in als veral met die karaoke, hoe kies julle dan? Scheepers is ’n klomp vroue net Astin maar hulle sit alles in! En opsigter dit lyk of jy ’n patroon het met punte gee rêrig!
Net die Scheeperse mag vanaand fliek, want ons voel hulle is gisteraand ingedoen met die karaoke, die Le Roux’s gaan seker nou weer klomp keer wen, want hulle is soos ’n klomp kinders wat sulk as hulle nie hulle sin kry nie. Hulle dink hulle is verhewe bo almal. Hulle maak die program onaangenaam.
LeRoux verdien die karaoke wen! Dis maklik vir Scheepers, hulle het mense wat kán sing. LeRoux kan nie sing nie, dis onregverdige kompetisie. En... karaoke gaan nie oor meubels aandra en show opsit nie. Dit gaan oor mense wat 'n mikrofoon vat en probeer sing soos 'n karaoke aand in 'n kuierplek.
Geen LeRoux het nog badkamer toe gehardloop en huil toe hulle verloor het nie en dan mikrofoon afgehaal en gesê hulle wil huistoe gaan nie. Dis meer as wat ons van Scheepers kan sê. Gaan kyk na ou episodes.
Adriaan as jy gister jou span gehelp het met woorde leer en oefen, in plaas van Scheepers toe hardloop en koekies bak, kon julle gewen het. Ek hoop jy voel lekker skuldig en leer 'n les. Braam het mooi gevra om te fokus op die kompetisies en later te kuier!
Baie dankie aan Emo dat hy die guts gehad het om 'n wenner te kies. Dis mos hoe karaoke moet wees. Kurt Darren, grow a pair!
So kom die ware kleure te voorskyn! Hoekom het Avril vanaand gesê sy wil nie na die LeRouxs toe gaan vir wegkruipertjie nie? En toe Austin sê alles kan gehoor word, is haar verskoning dat sy kastig 'n rede het! Maar, laas week het sy haar trommeldik by hulle gesit en eet en nie eers aangebied om te help ooruim nie. Daar is nie 'n Ma in daai huis nie. Uiters swak van haar en Pam.
Weereens 'n bewys dat LeRoux met mense wat kán sing moet kompeteer, elke Saterdag. Dis onregverdig. As Austin gladnie kon sing nie, sou Emo hom hierdie kans aangebied het?
KYKNET het al weke gelede besluit wie die wenners van die R250 000 sal wees!
Scheepers se hangstoel was nie ’n stoel nie, dit was ’n bed. Nie by die voorskrifte gebly nie, maar hulle wen?
Voorstelle vir 'n volgende reeks (hoop nie daar is een nie, maar hoor van reeks 2 ...)
Geen gesingery en dansery heeldag in die huis nie. Ons is MOEG daarvan.
Geen requests vir Opsigter nie! Austin stop nooit om te vra of te kla nie. Reëls moet sê jy speel die game, moenie Opsigter die hele tyd raadpleeg nie.
Sulke lui mense nog nooit in my lewe gesien nie. Pam is die enigste een van Scheepers wat afgedek het. Daar sit die res van Scheepers vrouens aan tafel en Braam help afdek! SKANDE!!
Laat my dink aan die dae in Taiwan toe ek uitgenooi is om deel te neem aan die sg “celebrity” Survivor... opwindende ou dagies daai... kyk gerus selwers, die Taipei times wat daaroor berig:
Banking on people’s fascination for viewing other people’s suffering, Power TV (中天頻道) launched Survivor (生存遊戲) last night in a show premised on the dubious spectacle of people who are forbidden food. The show puts nine people in a 3m3 plexiglass box who are told to survive on one liter of water a day and the prospect of walking out with a big cash prize at the end. Viewers are supposed to sit back and watch them suffer. To liven up the show, contestants will be taunted by the smell of steaks being cooked nearby. Most of the participants are TV personalities, with the exception of Francois Williams, a South African veteran of such game shows as Much TV’s Shi-jie Ta Bu-tung (世界大不同).
https://www.taipeitimes.com/News/feat/archives/2001/05/15/0000085826
Tjorts vanuit die Filipynse eilande, in afsluiting vir 140 dae reeds in ’n kaia!!
Francois Williams