Jong akteurs gesoek vir nuwe kykNET-reeks

  • 3

Is jy of ken jy voornemende talent tussen die ouderdomme van 6 tot 16 wat nog altyd in ’n kykNET-reeks wou speel? Die geleentheid het uiteindelik aangebreek om ’n rol in ’n opwindende drama los te slaan!

Nagvlug Films, ’n produksiefiliaal van Nouvanaand Films en Paperjet Films, is opsoek na jong manlike akteurs tussen die ouderdomme van 6 -16 vir ’n splinternuwe kykNET-reeks. Hierdie nuwe dramareeks is tans in beplanning en beoog om later vanjaar met verfilming te begin.

"Die reeks speel af oor verskeie dekades en ons is opsoek na jong talent wat kan kers vashou by Suid Afrika se mees gesoute akteurs." – Zandré Coetzer, vervaardiger van die reeks en hoof van ontwikkeling by Nagvlug Films.

Nagvlug Films is bekend vir ander gewilde kykNET-reekse soos Hotel, Die Ware Naarheid en Tydelik Terminaal. Hul mees onlangse films sluit in Posbus 1, Somerkersfees, Rage en Parable.

Voornemende jong talent wat ’n kans wil waag het tot Donderdag 30 April 2020 om ’n video-oudisie van hulself in te stuur.

Daar is drie verskillende kategorieë waarvoor hul kan oudisie:

KATEGORIE 1: Seuns tussen die ouderdomme van 6-8
KATEGORIE 2: Seuns tussen die ouderdomme van 9-12
KATEGORIE 3: Seuns tussen die ouderdomme van 13-16

Elke seun wat oudisie moet 3 verskillende videos instuur:

VIDEO 1: Oudisietoneel vir jou ouderdomsgroep. 
VIDEO 2: Vertel ons van ’n droom wat jy gehad het of jou Desember vakansie (1min-2min).
VIDEO 3: Vertel ons van ’n hartseer herinnering wat jy kan onthou (1min-2min).

Vertellings van ’n droom of Desembervakansie en ’n hartseer herinnering vir video 2 en 3 moet spontaan as moontlik gehou word om sodoende ’n natuurlike aanslag te lewer. Doen dus die minste voorbereiding hiervoor.

Dis belangrik om die volgende in ag te neem wanneer jy die video afneem:

  1. Selfoon videos is meer as voldoende.
  2. Maak seker dis in landscape en/of horisontaal (draai dus jou selfoon plat).
  3. Probeer teen ’n neutrale agtergrond sit/staan.
  4. Die skoot moet ’n medium lyfskoot wees (kop tot heup; dus geen onderlyf sigbaar).
  5. Jy moet alleen in die video wees. Dus, die persoon wat vir jou inlees met die 1ste video mag nie in die skoot nie; hulle mag slegs gehoor word.

Volg asb die volgende skakel om in te skryf: http://shorturl.at/zANU8Die skakel neem jou na ’n platform waarop jy jou belangrike inligting kan invul en jou video-oudisie kan oplaai. 

Inskrywings sluit Donderdag, 30 April 2020.

Vir meer inligting stuur ’n e-pos na [email protected]

  • 3

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top