
Fotobron: Canva
Lipsang
Soms as ek
in stroef falset lipsing,
huigel die stom note
hol in my ore.
_________________________
Net voor wakkerword
Net voor wakkerword
dryf ek gesigloos
tussen die oewers
van gister en nou
en swem ek deur
stonde strome
altyd op soek na jou


Kommentaar
Uitstekend!
Baie dankie Therin ek waardeer jou kommentaar!
Baie dankie Therin, ek waardeer jou kommentaar!
pragtig!!
Baie dankie Theresa!
Jy moet nooit ophou skryf nie. Dis pragtig hoe jy met woorde speel.
Baie dankie liewe Caren!
Net voor wakkerword: 'n Wonderlike, diep gedagtesang in woorde wat asof vanself die betekenis dra.