Ize Ster

Dig was nog altyd deel van my. Ek  het my eerste gedig op twaalfjarige ouderdom geskryf en het ook later Skryfkuns as ekstra vak op Universiteit geneem. Tog was daar lang periodes in my lewe waar ek glad nie geskryf het nie. Ek het wel weer die afgelope vyf jaar meer tyd aan hierdie stokperdjie spandeer.   Ek het 'n passie vir reis en die ontdek van nuwe plekke en kulture. Ek is veral versot op Afrika se ru ongereptheid waaruit ek sóveel inspirasie put.    As ek nie kan reis nie, ontvlug ek graag na 'n abstrakte wêreld van woorde en beelde.  Ek sien my skryfwerk as die blink gepoetste en skoon afgewerkte "aandenkings" wat ek saam met my terugbring.    My pennaam is 'n verkorting van my eie en deel van my artistieke uitdrukking.  Dit is ook 'n manier om die kuns van my as individu te skei. Ek glo hierdie de-personifikasie verleen groter vryheid en help my om eerliker werk te lewer. 

Twee gedigte deur Ize Ster

Ize Ster Poësie 2020-07-23

"Soms as ek 
in stroef falset lipsing,
huigel die stom note
hol in my ore."

Winterson

Ize Ster Poësie 2020-06-28

"Ek weet van hierdie seisoen
die leed waarmee sy dreig
en die guur bedugtheid,
versluier in jou toegevoude lyf."

Top