
Fotobron: Canva
Winterson
Winterson
jy het vanjaar
vroeg gekom
Jou najaar-romp
tot lepel gebuig
en suutjies
agter my blad in kom skuif
So asof jy wou sê:
"Ek weet van hierdie seisoen
die leed waarmee sy dreig
en die guur bedugtheid,
versluier in jou toegevoude lyf."


Kommentaar
Pragtig!
Baie dankie Sanet!