Kommentaar
Die wetenskap van evolusie in 112 bladsye: Waar kom ons vandaan? deur Andreas en Schalk Engelbrecht
Andreas Engelbrecht 2022-02-23 Ek sou sê epistemologie is die filosofie oor die oorsprong van kennis. Miskien kan mens liewer sê betroubare kennis. As iemand dus sou sê dat hy of sy nie glo in sake waarvoor daar objektiewe bewyse is nie, dan lê daar waarskynlik 'n fout in die perso
Wiskunde, graad 4: eerste kwartaal – vraestel en memo
LitNet 2022-02-23 Hallo! Dankie vir die navraag. Hier is 'n skakel direk na die graad 4-vraestelle en -memo's wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/#graad4. Blaai daardeur om te kyk wat daar is en klik telkens op die skakel
Objektiwiteit en regterlike besluitneming
Ludolph Botha 2022-02-23 Wat 'n interessante artikel! Juis op hierdie tydstip is ons land se regters meer as ooit onder die vergrootglas en is die kwessie van objektiwiteit aanhoudend in die nuus. Dankie vir 'n blik op die ongelooflike uitdagings wat die regters die hoof moet bie
Die regte van diere in deeltitelskemas (en die verskil tussen katte en honde)
kla-kous 2022-02-23 Baklei!! Soos in me Bennet se weergawe. Kry veeartsverklaring wat sê hond is gesond, stil en goed geleer. Kry verklaring van sielkundige wat julle deel van die storie vertel. Miskien kan hond selfs in ouetehuis vreugde aan 'n paar inwoners bring (soos Sh
’n Skeppie Kleur en karamel vir jou vrugteslaai
Anne-Marie 2022-02-23 Baie dankie, Trisa. Dit is 'n teer saak, en nogal moeilik om aan te spreek.
Die regte van diere in deeltitelskemas (en die verskil tussen katte en honde)
Heidi 2022-02-22 Vir dekades deel ek 'n denkpatroon dat bejaarde sorgsentrums en dierewelsynsinstansies moet hande vat. Gee die DBV's vir ouetehuise. So sal vereensaamde oumensies iets hê om voor lief te wees en die weggooidiere van 'n samelewing die liefde en sorg kry w
Van Rusland, met liefde?
Lizma 2022-02-22 Nou maar dis mos wat ons al van die 70's en 80's al weet. Ma en pa en ouma-hulle het gepraat oor sekere lande wat die ANC destyds so gehelp het om die plaaslike regering uit te druk. Hulle het altyd gesê 'n kommunistiese land doen nooit iets verniet vir
Wiskunde, graad 4: eerste kwartaal – vraestel en memo
Dennis Albert Dietrich 2022-02-22 Afrikaans HT Kwartaal 1-vraestelle en -memorandums gr 4.
Skoleseminaar en Wysigingswetsontwerp: waarom Afrikaanse ouers moet kennis neem
Gine Strydom 2022-02-22 Dis interessant dat ons wonderlike regering so klakkeloos truratrassisme beoefen, sonder om te blik of te bloos. Hul het die Afrikaanse boeke verbrand en wou in eie taal onderrig word, net om ons Afrikaans van ons kinders te wil steel, nes die Engelse des
Die wetenskap van evolusie in 112 bladsye: Waar kom ons vandaan? deur Andreas en Schalk Engelbrecht
Flip Raath 2022-02-22 Wat is jou antwoord aan iemand wat sê: Ek glo dit nie.
Elders gesien: Die gloeilampe is geblaas
Reusedwerg 2022-02-22 Dit laat my terugverlang na my vorige lewe. Ek was ook 'n "grens"-vegter. Ons het gereeld "pakkies en briewe" op die grens ontvang. Ek het van 'n "geval" gehoor van 'n antie wat vir haar grensvegterseun gereeld pakkies aangestuur het. Op 'n dag stoom sy d
Die wetenskap van evolusie in 112 bladsye: Waar kom ons vandaan? deur Andreas en Schalk Engelbrecht
Izak de Vries 2022-02-22 Andreas. Dankie. Julle boek sal vir baie mense baie beteken. Ek het heelwat geleer hieruit! Dankie dat julle moeite gedoen het hiermee.
’n Skeppie Kleur en karamel vir jou vrugteslaai
Trisa Hugo 2022-02-22 Wat 'n lieflike skrywe oor 'n lieflike boek. Dit is die tipe insig wat op skole behoort gepredik te word, pleks van die gewone oordele oor alles wat nie in die skool se benoude boksie pas nie.
’n Skeppie Kleur en karamel vir jou vrugteslaai
Donnie 2022-02-22 Ons nasie sal nog bykom, so 25 jaar van nou af. Dan is/was niemand skielik nooit anti-gay gewees nie. (Nes jy tans ver sal soek vir iemand wat erken dat hy/sy apartheid ondersteun het.)
Die regte van diere in deeltitelskemas (en die verskil tussen katte en honde)
kla-kous 2022-02-22 Gewoonlik wil ek net baklei met materiaal op LitNet. Dié artikel het my totaal ontwapen. Uitstekend geskryf: of jy nou met die inhoud saamstem of nie (ek is egter 'n honde én katfan).
Elders gesien: Graaffernet-mense
Reusedwerg 2022-02-22 Ek het jare gelede een aand op die draadloos na 'n hoorbeeld geluister. Dit was, as ek reg onthou, deur die wyle oom Fanus Rautenbach geskryf. Die storie, in kort, was dat daar 'n dorp langs 'n spoorlyn ontstaan het. Die dorp het nog nie 'n naam gehad nie
Die wetenskap van evolusie in 112 bladsye: Waar kom ons vandaan? deur Andreas en Schalk Engelbrecht
Andreas Engelbrecht 2022-02-22 Beste Izak, ek is nie seker of dit goeie maniere vir een van die skrywers is om op 'n resensie te reageer nie. Uit my perspektief voel ek jy gee 'n uitstekende oorsig oor die boek. Dit was presies ons doel as skrywers om aan ons lesers 'n opsomming te bie
Testamentnalating
Cornelia Strydom 2022-02-22 My dogter is oorlede. Sy het twee seuns. Ek het my testament opgestel deur Absa, dat my seun alles erf. Na sy afsterwe sal die kleinkinders by hom erf. Ek het net die twee kinders. Nou wil my skoonseun die boedel beveg na my dood dat my seun nie alles moe
Reguit met Robinson: Hoe lyk die Suid-Afrikaanse boekmark?
Nico M Ferreira 2022-02-21 Nog 'n suksesvolle aanbieding deur Freek Robinson - beslis aangehelp deur twee kenners te gebruik wat gebore is met "the gift of the gab" en nie bang is om 'n mening te lug nie. Ek meen, om feminisme te klassifiseer as 'n "fenomeen" verg nogals moed. Net
Die regte van diere in deeltitelskemas (en die verskil tussen katte en honde)
Terence Thiele 2022-02-21 Ons is twee ou mense (70 en 75) wat nou na 'n ouetehuis trek na 'n lang proses, die waglys, ens. Ons is nou laat weet dat ons ons 12 jarige Chihuahua moet uitsit, want honde word nie toe gelaat nie. Ons ken baie ou mense en almal het 'n hondjie wat al bai
Reguit met Robinson: Hoe lyk die Suid-Afrikaanse boekmark?
Dr. Helene De Kock 2022-02-21 ‘n Stewige, interessante gesprek!
Om wiskunde beter te verstaan: ’n onderhoud met Amanda le Roux
LitNet 2022-02-21 Hallo! Dankie vir jou navraag. Ek kan nie kommentaar lewer op ander skolehulpmiddels nie, maar van LitNet se kant af bied ons gratis vraestelle en memo's wat deur kundiges opgestel is en hier opgelaai word: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-
Wiskunde: graad 8, tweedekwartaal-vraestel en -memo
LitNet 2022-02-21 Goeiedag! Dankie vir die navraag. Ek het gou die vraestel en memo nagegaan en dit stem wel ooreen. Die memo hierby beantwoord die vraestel se vrae. Laat asseblief weet as daar onduidelikheid is. Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder
Graad 1: Wiskundevraestel en -memo, eerste kwartaal
Annemarie Lubbe 2022-02-21 Dankie vir die hulp en vraestelle, dit help baie!
Skoleseminaar en Wysigingswetsontwerp: waarom Afrikaanse ouers moet kennis neem
Barend van der Merwe 2022-02-20 So die ANC-regering wil terugkeer na hoe dinge gedoen was tydens apartheid ... en tussendeur sal ons seker ook bly "moedertaaldag" vier terwyl ons spog met ons 11 "amptelike" tale.
Vrugbeginsel deur De Waal Venter: ’n resensie
Johan Diedericks 2022-02-20 Uitstekende toeganklike digkuns.
Die Rusland-Oekraïne-konflik: die geskiedenis en Poetin se wêreldbeskouing
Eben Viktor 2022-02-20 In my artikel het ek verwys na die rol van taal, geloof en grondgebied in Poetin se wêreldbeeld, sonder om die grondgebied geografies te identifiseer. Die grondgebied wat Poetin glo histories aan Rusland behoort, is min of meer dié van die Russiese Ryk
Skoleseminaar: Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys
Wilhelm Fourie 2022-02-20 Natuurlik moet ons hierdie probleem aanspreek. Dit beteken egter nie dat die politici mag wegkom met wat hulle doen nie. Ek kan baie ander tieners en kleuters noem wat wel 'n goeie woordeskat het. Die meeste mense onder 20 luister nie meer radio nie, maar
Om wiskunde beter te verstaan: ’n onderhoud met Amanda le Roux
Caroline Humpel 2022-02-20 My seun is in graad 12 en kry xtra klasse by MasterMaths ... Die probleem is hul program is makliker as die Wiskunde in die klaskamer en wanneer die toetse geskryf word sukkel my kind om 50% te behaal ... Dit laat hom moedeloos voel ... Wat staan my te do
Skoleseminaar en die Wysigingswetsontwerp: Lesufi is die brein agter Afrikaans se verkragting
Tony van niekerk 2022-02-20 Afrikaans moet bly.
Wiskunde: graad 8, tweedekwartaal-vraestel en -memo
Mariana 2022-02-20 Die memorandum en vraestel stem nie ooreen nie.
Persverklaring: Skryf in vir kykNET se Wie word ’n miljoenêr?
Sonja Marx 2022-02-19 Ek wil graag deelneem in seisoen 2. Wanneer open inskrywings?
Bystanddood – ’n omstrede saak
Johan Snyman 2022-02-19 Dankie, Willem, vir 'n baie insiggewende artikel.
Elders gesien: Die gloeilampe is geblaas
Joke d' Ath 2022-02-19 Al die poskantore in ons omgewing het al toegemaak hier in die ooste en suide van Pretoria. Daar is posbusse in ons 'estate' aangebring en ons pos is ontvang in 'n privaatsak by ons naaste poskantoor. Die poskantoor is egter nou gesluit en die privaatsakKlimtol – en 'n onderhoud met 2012 se Europese damesklimtolkampioen
Tersia Theunissen 2022-02-19 Ek soek asb. antwoorde van die klimtol 12 jaar terug. Hoe oud is die voorwerp? Waarvan is dit gemaak? Hoe word dit gebruik? Wie het dit gebruik? Hoe word dit vandag gebruik?
The mouse with no whiskers
Estelle Neethling 2022-02-19 Such a beautiful, enriching sketch ... so much to be learned from Margaret Poland's words.
