Lat die mense govern, Uncle Cyril

  • 2

Bettina Wyngaard (foto: Naomi Bruwer)

Hie’s ek wee, hie’s ek wee, met my geel en blou rok voorie deu ... ek reject ie rooi rok, Uncle. Ek cheerie vi boelies ie.

Petymal raak ek heel nostalgic oorie tye innie struggle, Uncle. Djy wiet mos, toe ôs met trane innie oë gesing het van we shall overcome. Som wassie trane van teargas, som van hatsee, maa allietyd diep ytie hart yt.Onthou djy nog ie Freedom Charter, Uncle? The people shall govern.

.........
Dai het bai mense boe gehou, Uncle, dai belief lat ôs se fight righteous is, lat ôs sal wen. Ampe soes ie ouens in Ukraine in. Hulle wiet hulle is an ie right side of history, en dai gie vi hulle krag. Ek voel ampe om vir hulle die woode van we shall overcome an te stie. Maa Uncle, as hulle an ie right side of history is, waa is ôs? Hiesa issie nou tyd vi balanced approaches ie, Uncle.
...........

Dai het bai mense boe gehou, Uncle, dai belief lat ôs se fight righteous is, lat ôs sal wen. Ampe soes ie ouens in Ukraine in. Hulle wiet hulle is an ie right side of history, en dai gie vi hulle krag. Ek voel ampe om vir hulle die woode van we shall overcome an te stie. Maa Uncle, as hulle an ie right side of history is, waa is ôs? Hiesa issie nou tyd vi balanced approaches ie, Uncle.

It wassie te lank trug ie, toe issie skoen an ôse voet gewies. Onthou djy nog hoe’t ie balanced approach toe gevoel, Uncle? Onthou djy hoerit gevoel het assie lande wat vinnag als kon stop, agte’oo gesit het en kyk hoelat ôse mense gedisappear raak? En issie Rusland wat ôs gehelp hettie, Uncle. It was die Soviet Union, wat vi die Ukrainians inslyt. Of is it ʼn case van djy willie aan ie kant vannie Weste wies ie, soe enage anne kant is orraait?

En wat het gewôd van ie people wat shall govern, Uncle? Is an nou net ʼn komp elites wattie wiet hoe die gewone mense liewe nie. As ôs toe gewiet het wat ôs nou wiet, dan het ôs maybe nie met bloed betaal virrie freedom wat ôs beloewe issie. Niemand het gebloei soelat ie ANC met blue light brigades anne van ie pad af kan djaag ie. Niemand het gebloei soelat die geld wat virrie arm mense bedoel is, gesteel wôd om een of twie families ryk te maak ie. Niemand het gebloei soelat ôs ʼn quarter of a century later nog altyd wag vi die promises vannie Freedom Charter ie.

Wiet djy wat ie problem is, Uncle? Djy wôd gesurround met advisers wattie wiet hoe mense oppie grond voel ie. Hulle is out of touch met reality. Hulle koep hulle groceries in Sandton in. Hulle dink is normal om Louis Vuitton bags vol kroon te kry. Hel, Uncle, die bag allien is ʼn hele straat se Sassa-geld. Djy lat ie one percent vi djou advice gie oorie ninety nine percent. Is djy dan versin, Uncle? Hulle wiet ie who’s who innie zoo nie.

As djy wil wiet hoerie mense oppie grond voel, Uncle, gan sit byrie taxi rank of ie market waa die mense walkie talkies koep vi lunch. Moenie praat ie, sit stil en lyste, Uncle. Djy sal ʼn education in politics en economics en philosophy en empathy kry soes djy net van kan droem.

Ek gie djou ʼn preview, Uncle. Ek het twie mense afgelyste. Ie man het al ʼn paa happe weg, maa soes hy self sê, hy drink lat ie reality ie mee soe grim moet lyk ie. Hy vetel virrie taanie van ie oolog.

...........
“Laities van dêtien wattie ees wiet hoe lyk ʼn gun ie, moet nou loep skiet. Is mossie reg ie.”
Die taanie kyk hom an of hy gesyp is. Hy is.
“Wat van ôse laities oppie Flats? Hulle is oek dêtien, dan moet hulle lee hoe lyk ʼn gun en hoe voel ʼn gunshot.”
Sy’t sake an met wat daa annekant gebeu.
..............

“Laities van dêtien wattie ees wiet hoe lyk ʼn gun ie, moet nou loep skiet. Is mossie reg ie.”

Die taanie kyk hom an of hy gesyp is. Hy is.

“Wat van ôse laities oppie Flats? Hulle is oek dêtien, dan moet hulle lee hoe lyk ʼn gun en hoe voel ʼn gunshot.”

Sy’t sake an met wat daa annekant gebeu.

Die oempie try nog vedydelik. Ek kan sien ie taanie hettie tyd samgebring ie.

“Nou vir wat baklei hulle?”

“Vi niks, hulle is neighbours, maa die een neighbour is djaloes oppie anne neighbour.”

Die oempie mien ôs moet gan help.

“Nei, vi wat gan ôs daa interfere? Hie issie krag ie, hie issie wate, hie issie jobs ie, hie issie kos ie. Die ANC kan da gan interfere as hulle hie gefix het wat vekeed is.”

Die antie issie vekeed ie, Uncle. Haal eeste ie balk yt djou eie oë voo djy gan sukkel mettie splinte inne anne man se oeg.

En as djy biz wil wies en gan interfere, dan kan ek djou guarantee djou mense willie virrie boelie back ie. Get on the right side, Uncle. Even China dink twie kee. Even ie BRICS-bank wiet wanne ommie brieks te pump. Nou hoekô wiet djy dit ie, Uncle?

Of dink djy djy gan ie hero wies wat singlehandedly ie fight gan stop? Kan miskien gewêk het as djy gedeal het met sane mense, maa daai Poetin issie sane nie, Uncle. Hy sal djou virre pop vat en djou (en ôs) sam met hom aftrek. Raak wys, Uncle.

.........
Of dink djy djy gan ie hero wies wat singlehandedly ie fight gan stop? Kan miskien gewêk het as djy gedeal het met sane mense, maa daai Poetin issie sane nie, Uncle. Hy sal djou virre pop vat en djou (en ôs) sam met hom aftrek. Raak wys, Uncle.
...........

Maa at least dink hulle djy’t oraait gedoen mettie appointment van Zondo. Djy stie daa die regte message yt, soe scheme die gesypte oempie.

En wiet djy wat, Uncle? Dai oempie syp Oem Tas, maa hy’t mee sense as djou hele cabinet tesame. Djy sou vêde gekom het om hom te laat govern as pety wat in djou inner circle is. No wonder reality is te heavy vi hom.

  • 2

Kommentaar

  • Barend van der Merwe

    Vergeet maar van enige desentralisering en verspreiding van mag. Die volgende ding wat die regering gaan verwoes is die laaste klompie funksionerende skole. Dit gaan gedoen word deur die beheerliggame se magte weg te vat en dit te gee aan 'n amptenaar in die regering honderde kilometers van die skool. So sal die skole uiteindelik ook bestuur word in lyn met die norme en standaarde soos wat geld by Eskom, Prasa, Transnet, SAA, die Poskantoor ens.

  • "En issie Rusland wat ôs gehelp hettie, Uncle. It was die Soviet Union, wat vi die Ukrainians inslyt."
    Bettina, hierdie is die mees insigvolle punt wat in 'n lang tyd na vore gekom het. Jou ondersteuning vir Oekraïne word hoog waardeer.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top