Chase en Beertjie

  • 4

Foto: Canva.com

Chase en Beertjie
Op daai dae
wat ek myself wil toesluit
en die sleutel wegsteek
tot ek weer myself is,
maak ek die agterdeur oop
sodat my ma se honde my bestorm,
of kom lê by my stoel
terwyl ek maak asof ek besig is.

Chase jaag die spoke weg
as hy net heeltyd
in my gesig wil lek,
lek hy die hartseer
en waai dit weg met sy sterk stert.

Beertjie lê en loer,
want hy wou eintlik alleen my aandag hê.
Sy oë vreet weg aan my angstigheid
en hy huiwer nie om my
te wys dat my aandag
goud werd is nie.

Die dag as die angstigheid
begin by my haarwortels
en my kleintoontjie laat bewe,
maak ek net die agterdeur oop.

  • 4

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top