Amma deur Charmaine Africa: ’n resensie
2025-11-25"Charmaine Africa doen baanbrekerswerk met hierdie memoir, wat glad nie moeilik lees nie en jou soos ’n doodgewone roman meevoer. Hierdie memoir het goeie karakterontwikkeling, die wêreld se spanning, ruimtebeskrywings wat goed inspeel op die spanning en ontwikkeling, maar die meeste van alles, ’n baie sterk storielyn wat spreek van diep letsels as gevolg van apartheid en familieverhoudinge."
Sus vir Ousus
2025-08-28"Ek’s ’n paradoks wat ironies die dag face
’n metafoor gevul met vergelykings
Maar haarself nooit vergelyk met ander."
Enkelvroue: ’n SêNet-brief kort anderkant Vrouedag
2025-08-11"Ons is enkelmoeders, enkelpleegmas, oumas, vroue wat nie ’n man het of wil hê nie (groot verskil), maar veral dogtertjies van mammies 'wie se daddies gaan seep koop' het. Ons het niemand wat ons kan vra nie, dan tel ons maar die swaar ding op en sit dit waar ons dit wil hê."
Geregtigheid?
2025-01-20"Feminisme het my geleer dat sommige van ons tóg taaier as die ander is. Ek het geen idee hoekom ons as mens onsself moet verwyder van mekaar met die woorde ander en hulle nie. In die struggle is ons 'ons', maar die oomblik dat die een taai bruin vrou die stilte verbreek en praat, word sy die 'ander een', wat dinge onnodig moeilik maak."
Wyser
2023-06-01"... want tyd se bene is nou lank
en ons eie wil is nie bestand
teen tyd se lang hale nie."
Chase en Beertjie
2022-03-17"as hy net heeltyd
in my gesig wil lek,
lek hy die hartseer
en waai dit weg met sy sterk stert."
Keuses
2022-02-24"my hart brand
om slimmer te wees
en generational curses te breek met kwalifikasies."
Vervel
2021-08-17"Soms,
wanneer ek sommige mense in die gesig kyk
Tref, trek, skeur
die onthou nog aan my gesigvelle."
Kruis
2020-11-11"Of is dit maar net ’n manier om die spoke van die verlede weg te hou?
Of dalk alles wat onheilig is op hul plek te hou?"

