
Foto: Canva.com
Rou
Jou laaste asem
wat jy so gewillig
Gewelddadig
Gruwelik
prysgegee het,
het kom nesskop in my liggaam,
wat onverklaarbaar lam is.
Moeg is.
Seer geword het.
Glad nie wat jy verwag het nie, is dit?
Dat jou doodsnik nou in my hart sou sit?
Dat elke hartpomp jou lewend hou?
Dat ek,
dat my hart oor jou sou rou?


Kommentaar
Ek het lanklaas 'n traan gestort oor woorde. Baie dankie vir dit. Hou dit netso.
Baie mooi! ❤️
Baie mooi geskryf ❤️
Pragtig ❤️
Dit is so mooi!
Dis baie mooi Leona👏👏👏
Love it ❤️🌸🔥
Baie goed!
Baie mooi. ❤
Sjoe jy toor met woorde neh!
So mooi Leona! 💓
Baie baie Mooi Leona❤
In die kol verwoord.
'n Michelin-ster danksy dié opdis. 🙌
Pragtig verwoord.
Jou egte woorde tref diep ... dit is wat gebeur as mens regtig iemand liefhet ...
Pragtige gedig. ❤️ Dit laat mens nadink.