Sus vir Ousus

  • 1

Foto: Canva

Sus vir ousus

Ek’s ’n paradoks
’n iets wat ditself weerspreek
’n ding wat spreek al word dit doodgedruk.
’n ironie
Wat saans sê dat sy moeg is,
maar soggens op haar pos
vroeg die wurms vang terwyl sy die tuin natmaak.
Ek’s ’n paradoks wat ironies die dag face
’n metafoor gevul met vergelykings
Maar haarself nooit vergelyk met ander.
Ek’s ’n paradoksale, ironiese metafoor
Wat haar sukses tóg soms vergelyk met ander.
Ek’s ’n ousus
Wat gedurig haar gewete moet sus
wanneer haar boundaries klink soos selfsug.
’n Sarkastiese ironie
Wat haar trane keer met poësie
’n ousus
’n sarkastiese iets
Wat lelike woorde toedraai in watte
Sodat dit minder seermaak.
Ek’s ’n ousus
Lelike woorde is maar net een woord:
“Nee.”
Ek’s ’n ousus.

  • 1

Kommentaar

  • Jacques Wessels

    Dankie vir die gedig wat my ou sus so goed saamvat in woorde. Die toedraai van lelike woorde om minder seer te maak is waar en sowaar!

    Die uitdruk van “ek is 'n paradoks” pla my in eerste reël, wat daarvan om dit net weg te laat en laat die leser self tot die besluit kom?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top