Kruis

  • 6

Foto: Unsplash.com

Kruis

Arms gekruis agter die rug. 
By my ouma geleer 
Het dit later jare gebruik om my rug regop te dwing 
wanneer dit vooroor buig. 
Is dit dalk ’n manier vir vroue om staande te bly? 
Ek bedoel my ouma was ’n sterk vrou 
Sy’t gehelp ’n gemeenskap bou 
met haar groot potte kos en laat uitval.

Nou hoekom sien ek dan ’n man in die boorde 
arms gekruis agter sy rug? 
Hou dit ook sy rug sterk? 
Aangesien hy van 5–5 moet werk? 
Of is dit maar net ’n manier om die spoke van die verlede weg te hou? 
Of dalk alles wat onheilig is op hul plek te hou? 
Weg van jou? 
God se kind?

  • 6

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top