
- 16 dae van aktivisme het in Desember plaasgevind. Leona Conradie voel dit het niks gehelp nie. Hier is haar mening.
Ons is moeg, Here! Hoe lank nog voor vroue veilig voel? Hoeveel tyd moet nog verloop voor vroue kan opstaan vir hulself en al die ander mense/werkers nie uit die water spring nie? Is dit ’n vraag vir die Here? Of moet mens die base, die ryk mense, vra wanneer geregtigheid dan gaan geskiet vir ons vroue waarteen driedubbel keer gediskrimineer word in hierdie lewe.
Feminisme was my gunsteling-leeronderwerp op universiteit, want uiteindelik kon ek ’n naam voeg by die handelinge van my ma, ouma en bruin dogtertjies in die algemeen. Ons is gelyk gemaak aan mans die oomblik toe ons gebore is. En God help ons as ons probeer help vra, want dan is ons net gewoond aan “ontvang” en wil ons net “hê”, omdat ons nie wil werk vir onsself nie.
............
Feminisme was my gunsteling-leeronderwerp op universiteit, want uiteindelik kon ek ’n naam voeg by die handelinge van my ma, ouma en bruin dogtertjies in die algemeen. Ons is gelyk gemaak aan mans die oomblik toe ons gebore is. En God help ons as ons probeer help vra, want dan is ons net gewoond aan “ontvang” en wil ons net “hê”, omdat ons nie wil werk vir onsself nie.
............
Natuurlik werk ons. Ons werk ons vingers hard en ons arms gespierd. Ons word hard met ’n sagte hart en wens net dat iemand sal verstaan en ons las ligter maak. Feminisme het my geleer dat sommige van ons tóg taaier as die ander is. Ek het geen idee hoekom ons as mens onsself moet verwyder van mekaar met die woorde ander en hulle nie. In die struggle is ons “ons”, maar die oomblik dat die een taai bruin vrou die stilte verbreek en praat, word sy die “ander een”, wat dinge onnodig moeilik maak. Dit verbaas my altyd dat mense die vrugte wil eet van daai een taai vrou se geveg, agterna. Maar die oomblik dat sy in die warm water spring, is sy melaats en wil niemand “aan die verkeerde kant wees” van die “bestuur” nie.
Wat my hart altyd breek is dat dit ons eie mense is wat ons struggle leliker en moeiliker maak. Ek sal nooit kan verstaan hoekom ons mense die oomblik dat een persoon moed bymekaarskraap om die stilte te verbreek en die onreg aan te spreek, hul rûe letterlik draai op een van ons nie. Dit breek my hart om te sien hoe hierdie mense dan die rol inneem van onderdrukker. Is ons dan so gebreinspoel en werkverleë?
Soveel keer moes ek al sien hoe die bruin vrou slegs ’n dop van haar taai self word, omdat sy nie ondersteuning gehad het nie. Meer kere het ek aanskou hoe ons eie mense die brawe persoon viktimiseer, maar tóg dan gerieflik eet van die vrugte van hul harde emosionele stryd. Dit maak seer, al weet ek, ek mag dit nie sê nie omdat dit my as emosioneel bestempel. Ek is ’n feminis, ’n bruin vrou wat glo in harde werk en gelykheid. Maar my hart pyn wanneer ek sien hoe ons mense mekaar doelbewus afdruk en wegstoot die oomblik dat hulle geraas maak oor ongeregtigheid.
..........
Ek is ’n feminis, ’n bruin vrou wat glo in harde werk en gelykheid. Maar my hart pyn wanneer ek sien hoe ons mense mekaar doelbewus afdruk en wegstoot die oomblik dat hulle geraas maak oor ongeregtigheid.
.............
Ondervinding het my egter geleer dat mense geneig is om vroue wat vir hulself opstaan en veg, vroue wat nie in ’n hoekie gaan sit en stilbly wanneer mense oor hulle wil loop nie, te brandmerk en weg te stoot. Nou word hierdie vroue bestempel as “onhanteerbaar, deurmekaar en moeilik” en daar word gesê dat hulle met niemand oor die weg kom nie.
Dit maak my bang, want hoeveel keer gaan ek as “moeilik” en “onhanteerbaar” geklassifiseer word die oomblik dat ek geregtigheid soek? Hoeveel jare nog tot gelykheid regtig waarde dra? Hoeveel jare nog voor my woord teen hulle s’n gewig dra, al het ek nie bewyse nie? Hoe lank nog voor kollegas gaan opstaan en sê dat ek vir jou ’n mondelingse bewys sal wees, want ek ervaar ook wat jy doen? Sonder dat dieselfde kollega die spreker, die persoon wat opstaan, verder verneder en doelbewus seermaak?
Lees ook:


Kommentaar
"Geregtigheid" is 'n harde woord. Onmiddelik, toe ek dit sien, het die woord, Liefde, by my opgekom. Daar is geen uitdrukking daarvan anders as deur 'n vrou nie, vrouwees druk dit soos geen ander wese uit nie.