Vervel
Soms,
wanneer ek sommige mense in die gesig kyk
Tref, trek, skeur
die onthou nog aan my gesigvelle.
Maar
ek maak ’n punt daarvan om te bly kyk.
Dit maak nie saak hoe krom my skouers is nie,
my oë gaan nie sak
vir iets waarvoor iemand anders veronderstel is om skaam te wees nie.
Kommentaar
Dit is so mooi!!!! En uitdagend, dit is heel iets anders. Ek love dit.
Baie dankie, Jerome. Ek heg baie waarde aan jou kommentaar.
Pragtig, Leona. Hou so aan met jou mooi en kragtige woorde.
Baie mooi gedig, Leona. 💕
Baie pragtig, Leona. Kan nie wag om meer te sien nie.
Pragtig!
Baie dankie, almal, ek waardeer dit opreg.
So mooi! So diep!