Vervel

  • 8

Foto: Unsplash.com

Vervel 
Soms, 
wanneer ek sommige mense in die gesig kyk 
Tref, trek, skeur 
die onthou nog aan my gesigvelle. 
Maar 
ek maak ’n punt daarvan om te bly kyk. 
Dit maak nie saak hoe krom my skouers is nie, 
my oë gaan nie sak 
vir iets waarvoor iemand anders veronderstel is om skaam te wees nie.

  • 8

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top