Keuses

  • 2

Foto: Canva.com

Keuses 
Ons weet nie wat ons wil hê nie, 
sê die mense wat gemaklik 
agteroorsit in hulle eie huis. 
Ons gee te vinnig op, 
is te besluiteloos 
uitsigloos 
en verwaarloos ons toekoms 
wanneer ons liggame nie meer 
die punch kan vat nie.

Iemand het gevra: 
“hoekom is ons generasie so moeg?” 
Want,
my hart brand 
om slimmer te wees 
en generational curses te breek met kwalifikasies.

Maar 
my maag brand, boeta! 
Wanneer ek die yskas oopmaak 
en slegs ʼn bottel koue water kry 
wat die realiteit makliker by my keel af laat gly. 
En my maag protesteer, 
brom dan dat ek twee werke op een slag moet doen. 
So, nee meneer
ek’s nie moeg nie, 
die frustrasie vreet nie aan my keelspiere nie, 
ek’s ʼn wil-nie-werker 
en ja 
ek weet glad nie wat ek wil hê nie. 
Is die droom dan belangriker as realiteit?

  • 2

Kommentaar

  • Tyron De Villiers

    Great gedig! Duidelike beelde, en die realisme maak dat mens dit selfs beter kan sien. Dis iets waarmee baie kan relate, maar u beskryf dit die beste. Ek hou van die afsluitingsreël, dit laat mens wonder. Amazing dat so 'n klein stukkie literatuur iemand se hele lewe in woorde kan omskryf. Baie goed gedaan, juff!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top