Kommentaar

SONA 2022: Local is lekker en ons laat niemand agter nie

Chris 2022-02-11 Daar is 'n gesegde wat lui: "Wanneer 'n nar die paleis inkom, word hy nie koning nie. Die paleis word 'n sirkus."

Resensie: Amraal deur Marinda van Zyl

LitNet 2022-02-11 Sarie. Kontak asseblief haar uitgewer met jou besonderhede. Hulle sal dit kan aanstuur.

Die proponentjie ’n entjie uit die vergetelheid ontruk

Nico Johannes Luwes 2022-02-11 Ai! Ek skryf nou juis in my PhD oor klugte in Afrikaans. Jou bydrae hierbo is so waardevol om aan te haal in die afdeling "Reaksie op die klug"! Dankie!

Skryfkompetisie: Eet my woorde – Wenners

Soekie 2022-02-11 Geluk aan al die wenners. Du Plessis se gedigte is altyd soos 'n skildery, sien die toneel voor 'n mens afspeel. Pragtig.

Resensie: Amraal deur Marinda van Zyl

Sarie Alberts 2022-02-11 Ek wil asb graag met Marinda in verbinding kom. Mag ek asb haar e-posadres kry? Ek is 'n afstammeling van die Dorslandtrekker, Gert Alberts, een van Dors se karakters.

Promosie: Die nuutste Francine Rivers nou by Bargain Books

LitNet 2022-02-11 Die voorgestelde prys is R299, maar loer gerus in by Bargain Books. Hulle gee dikwels afslag.

Troutyd op Graaffernet se strate

Christo Viljoen 2022-02-11 Wonderlike herinneringe aan mense en plekke wat ek persoonlik geken het. Dit is die Graaff-Reinet wat was, beskryf in korrekte Graaff-Reinettaans.

Troutyd op Graaffernet se strate

Ansie Malherbe 2022-02-11 Elise, jy skryf so goed. Dit voel asof jy in prentjies skryf, want ek het nou weer vele sulke troues in my geestesoog beleef. Dankie dat jy ons kosbare Graaff-Reinet se geskiedenis lewendig hou!

Troutyd op Graaffernet se strate

Jeanne Fouche 2022-02-10 Wonderlik en innemend vertel. Ek kan 'n prentjie skilder, jy is so talentvol.

Skryfkompetisie: Eet my woorde – Wenners

Veronica Williams 2022-02-10 Geluk aan al die wenners! Ek was in uitgesoekte geselskap!

Troutyd op Graaffernet se strate

Jones 2022-02-10 Ek voel of ek op daai troue was. Jy het die vermoë om die leser soos een van die karakters te laat voel.

Troutyd op Graaffernet se strate

Petrie Burger 2022-02-10 Dankie, Elize. Onthou so goed, veral die Kirsten-en-Abie Malan-troue, waar jy heerlik gewals het. Ek het nie geweet hoe nie. Was Arthur van Drostdy ook die man wat Sondae die klavier gespeel het?

Troutyd op Graaffernet se strate

Rory Sullivan 2022-02-10 Het dit baie geniet, Elise. Weereens mooi. Troues het absoluut net so plaasgevind. Kan onthou hou ons as kinders om die motors gespeel het. Die lekkerste dae nog omdat alles so eenvoudig was.

Marlene van Niekerk (1954–)

Marius Crous 2022-02-10 Baie dankie vir die bywerk!

Graad 4: Wiskundevraestel en -memo, eerste kwartaal

Marlé Di Somma 2022-02-10 Baie dankie.

Swerfjaar vir seniors, aflewering ses: Ses lesse ná ses maande van swerf

Inge Venter 2022-02-10 Dankie vir die nugtere sienings en advies vir 'n reis met vele uitdagings, wat so maklik geromantiseer kon word. Julle is dapper, Marita en Alain! Ons kinders wat in Australië woon, noem die afgetrede reisigers "grey nomads"! Dis nogal treffend, nè!

Swerfjaar vir seniors, aflewering ses: Ses lesse ná ses maande van swerf

Inge Venter 2022-02-10 Wat 'n nugtere blik op en advies vir 'n reis met uitdagings, wat maklik geromantiseer sou kon word! Dankie, Marita! My kinders in Australië noem die afgetrede reisigers 'grey nomads'! Nogal beskrywend!

Bystanddood – ’n omstrede saak

Chris 2022-02-10 Ek het my eie mening, soos almal het, oor genadedood. Ek kan nie verstaan waarom daar so 'n bohaai oor genadedood gemaak word nie. Die persoon is nie in alle gevalle bewus van wat om hom/haar aangaan nie. Die persoon gaan deur lyding en pyn. Die emfiseemg

Troutyd op Graaffernet se strate

Reusedwerg 2022-02-10 Ek het in my geeste se oog die bruilof belewe. Ek was ook al op bruilofte van formaat. Daar is ook die bruilofte wat wroegings was om by te woon. Wou dan die present wat ek gebring het gaan terug steel, maar is berispe. Gaan eerder na 'n lekker begrafnis

Geskiedskrywing in die "Nuwe Suid-Afrika" – om te vergewe sónder om te vergeet

Barend van der Merwe 2022-02-10 Die deel van die simposium wat ek gesien het, was vir my ook goed en leersaam. Ongelukkig was die klank tydens professor Simpson se aanbieding skielik so sag dat ek nie verder kon luister nie, ten spyte van pogings om dit harder te kry aan my kant. Weet n

Promosie: Die nuutste Francine Rivers nou by Bargain Books

kate 2022-02-10 Wat is die prys van “Jy is myne” van Francine Rivers?

Skryfkompetisie: Eet my woorde – Wenners

Corlietha Swart 2022-02-10 Hartlik geluk aan die wenners!

Testamentnalating

Hennie 2022-02-10 Hi, ek en my twee susters het ons ouers se huis geërf. Ek en my vrou is binne gemeenskap van goedere getroud, nou wil ek graag weet of haar naam ook op die titelakte aangebring word as mede-eienaar, en sou ek tot sterwe kom voor haar en haar naam is op d

Swerfjaar vir seniors, aflewering ses: Ses lesse ná ses maande van swerf

Elize Gouws 2022-02-10 Ek hou baie van die "Swerfjaar vir seniors"-aflewerings. Dis vrolik en gewoon.

Skryfkompetisie: Eet my woorde – Wenners

Lynelle 2022-02-10 Baie geluk aan elkeen.

Skryfkompetisie: Eet my woorde – Wenners

Amanda 2022-02-10 Puik! Geluk aan elkeen.

Skryfkompetisie: Eet my woorde – Wenners

margaret 2022-02-10 Veels geluk aan die digters! Puik!

’n Noue ontkoming

Koos 2022-02-10 Baie dankie, Schalk en Barend. "Once bitten, twice shy". Die doel van my artikel was egter om die mini-drama wat in ons huis afgespeel het weer te gee. Hopelik sal dit mense ook aanmoedig om versigtiger op te tree. Schalk, dankie vir jou praktiese wen

Elders gesien: Vroeër die middag het Sonia Cabano gesterf

Hannes Stander 2022-02-10 Wat 'n pragtige ode aan Sonia, Henk. Ek en sy het ook parallel geleef, maar danksy Facebook mekaar "leer ken". Mag haar lig helder elders skyn.

Jong US-dosent se visie van ’n aanlyn akademiese redigeerwoordeboek

Nicky 2022-02-10 Baie geluk met jou prestasie! Ek is ook baie opgewonde oor die vooruitsig van jou akademiese redigeerwoordeboek! Daar is beslis 'n leemte en om alles op een plek beskikbaar te hê, gaan vir studente en nuweling-redigeerders waardevol wees.

Jong US-dosent se visie van ’n aanlyn akademiese redigeerwoordeboek

An-Johlene Snyders 2022-02-09 Maret! Ek sit met 'n knop in my keel oor hierdie baanbrekerswerk. Ons BD's is TROTS.

Wie word ’n miljoenêr? op kykNET: ’n onderhoud

Desmond Czeszejko 2022-02-09 Ek sal graag wil deelneem.

Persverklaring: Skryf in vir kykNET se Wie word ’n miljoenêr?

Ockie Cronje 2022-02-09 Ockie Cronje sal baie graag wil kom. Hy's regtig baie skerp. 'n Boer van Delmas. Sal hom graag wil sien deelneem.

’n Noue ontkoming

Schalk 2022-02-09 Ek kry toe ook 'n oproep met 'n herkenbare Indiese aksent aan die ander kant, wat vra of ek sopas 'n betaling van R4500 aan 'n hotel in Nairobi, Kenia met my kredietkaart gedoen het, want vir hom lyk dit na bedrog. Ek besef dadelik hierdie is 'n internet

Bystanddood – ’n omstrede saak

Willem Landman 2022-02-09 Henry, jy is heeltemal korrek - die argument oor God se wil is heeltemal irrelevant met betrekking tot die wettiging van bystanddood. Dit sal duidelik uit my tweede artikel blyk. Ons moet die waardes en regte in die Handves van Menseregte van ons Grondwet

Graad 4-wiskundevraestelle: kwartaal 1

LitNet 2022-02-09 Hallo! Om die vraestelle oop te maak, moet jy op die skakels klik. Dit laai op jou rekenaar af in PDF-formaat. Hier is 'n voorbeeld van een van die vraestelle hierbo: https://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2017/01/Gr-4-Kwartaal-1-Heelgetalle-Getalsin

Bystanddood – ’n omstrede saak

Henry von Eeden 2022-02-09 Uitstekende artikel, dankie. Die eerste argument teen bystanddood, nl dat dit teen God se wil is, het egter geen plek in 'n ernstige besinning oor die kwessie in sekulêre lande nie. Dit kan uiteraard mense se persoonlike beskouings en optrede rig (bv om

Jong US-dosent se visie van ’n aanlyn akademiese redigeerwoordeboek

JB 2022-02-09 Daar is beslis so ‘n behoefte. Ek vind groot waarde in https://spel.co.za/product/afrikaanse-skryfgoed-6/ Kan julle nie saamwerk nie?
Top