Staan maa eider ytie water, Uncle Cyril

  • 1

Foto van Bettina Wyngaard: Izak de Vries

Mornings Uncle Cyril

Ek kô check maa net in om vi Uncle stêkte te wish. It kannie easy wies as mens ammel moet try appease ie.

........
Ek is nou biesag om na die oolog in Ukraine te refer. Ek wiet Uncle het baie goete om te consider. I mean, die tripartite alliance is al klaa nie mee happy nie. Daais hoeko ek nog allie pad gesê het threesomes is ’n bad idea. Daa’s altyd ene wat neglected voel. Anyway, ôs het mos ammel gewiet ie Communist Party gan Vlad the Invader se part vat. No surprises there.
.........

Dan is daa die MK comrades wat alte cosy mettie Russe is van apartheid se tyd af. Daai dat Antie Thandi saam die Russe loep party hou het terwyl ie invasion die hele wêreld se knickers in ’n knot het. Sy’t balls, daai antie. Even  Malema ennie EFF is katvoet vi haa.  En ek mean, ek vestaan die loyalty ding. Ek like it ie in hierie instance ie, maa ek vestaan it.

En die loyalty ding gan even vêdere, met ôs participation in BRICS en soe. En ie billions wat ôs in daai relationship geïnvest het, is oek nog ’n anne headache.

.........
En die loyalty ding gan even vêdere, met ôs participation in BRICS en soe. En ie billions wat ôs in daai relationship geïnvest het, is oek nog ’n anne headache.
..........

Besides, daa waai nie ’n windjie tussen Rusland en China ie, soe tight is hulle. En ôs need hulle twie se investments. Soe tussen ie reëls van giste se newsletter admit Uncle op ’n way ôs is in ’n tight spot, moneywise. Sal sieke gehelp het as ôs die skelms wat allie geld steel, gevang het en hulle assets afgevat het, maa daai is apparently oek te veel gevra. Soe, ôs is in ’n tight spot vir geld,en ie IMF en daai ouens voel ’n vaal veer, wan ôs deal ie met corruption ie. But at least is ie Russe ennie Chinese daa vi ôs. At a price, of course.

En it voel vi my al hoe mee daai price is om Poetin se kant te vat as die ding dik raak.

En ek wiet Uncle moet nog worry oo Uncle se eie survival na Desember se conference toe. Die pro-Russia faction moet happy gehou wôd, maa vir djou as ’n constitutionalist moet ie rule of law oek tel vi iets. En Poetin gebruik al ie international agreements vir toiletpapier.

...........

Maa Uncle, ôs kan nie afford om te loep oolog maak ie. Wanne laas het djy opgecheck oppie army, Uncle? Djy’s mos commander-in-chief. Daai army moet maa eider byrie hys bly, Uncle, en ôs moet ytie water staan. Het djy annedag daai berig gesien vannie tsotsi’s wat ie soldate afgesit het van hulle guns? Met messe, Uncle! Waa het djy nou al gesien ieman bring ’n knife to a gun fight en wen?

Het djy daai video gesien vannie Ukrainian antie wat virrie Russiese soldaat invite om sunflower seeds in sy sakke te sit, wan as hy doodgan kan hulle at least sunflowers yt hom kry? Of ie ou wat met ’n entjie innie mond met sy kale hanne ’n landmine van ’n brug afhal en innie bosse vat? Of die oempie van tagtag wat kô anmeld virrie military? Uncle, as ôs soldate skrik virre mes, gan daai mal Ukrainians mos mincemeat maak van hulle. Bietere lat ôs maa byrie hys bly. Besides, as hulle veloo, kan hulle nie ees met die locals mingle en pretend hulle is van daa rond ie. Hulle gan sunflower seeds in hulle sakke kry, Uncle.

Switserland het mos hoeka lat wiet hulle gan nie neutral wies innie conflict ie, soe daa’s a vacancy vi ieman om neutral te wies. Kô lat ôs daai try, Uncle. Please man.

Daai fight issie vi ôs nie. En ôs kan mossie fight saam met ’n man met mal gedrag wat nuclear options wil exercise oo hy nie sy sin kry nie.

Ek het nog nooit gelikes van silent diplomacy nie, but maybe kan ôs daai oek try. Enagiets, Uncle, maa kô ôs try oolog avoid, please Uncle.

Lees ook:

Van Rusland, met liefde?

Reguit met Robinson: ’n videogesprek met Leopold Scholtz

Russians: Hostages of our own state

Eben Viktor berig uit Oekraïne (28 Februarie 2022 om 17:52)

  • 1

Kommentaar

  • Christo Snyman

    Briljant! Luister bietjie vir Bettina, Oom Cyril. Kom ons vermy 'n vieslike moles in die buiteland. Let sleeping dogs lie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

    Top