Die graf
met my geboorte
het my ma haar drome en trane
diep in die berge gaan begrawe
want sy was nou ’n ma
en kon nie meer soos ’n skoolkind
sit en dagdroom of tjank nie
toe kom my broertjie en sustertjie
sommer gelyk
en sy moes teruggaan berge toe
om die graf met sement te verseël
want daardie twee dinge
wat sy jare terug begrawe het
was besig om te vrot
en in regte geraamtes te verander
Kommentaar
Ek geniet jou gedigte baie.
Wow, daar is ’n diepte hier binne, 'n rou en vreugde van ’n moeder se opofferings.
Bravo!
Stem saam Marthe.
Dit is is 'n geweldig treffende stuk skrywe.