Neo Mehlomakulu

Neo Mehlomakulu is ’n opkomende skrywer, digter en rolprentmaker. Hy maak tans kort, eksperimentele rolprente en laai dit dan op YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCHUSeEewkH_3ORmOKwssP3w

“Ek skryf BAIE, en ek is MAL oor lees!”

Binnegoed

Neo Mehlomakulu Poësie 2026-03-26

"die giftonge rondom my noem my nege jaar trug se melk- en kaasklong"

Souvenirs

Neo Mehlomakulu Poësie 2026-02-20

"jou onverwagse spring-cleaning en
jou versteekte pilletjies vir my migraines
agter te los nie"

Pleidooi van ’n loser

Neo Mehlomakulu Poësie 2026-01-22

"die opgehangde nagmerrie van college en hoërskool crushes
die ongeluksvoëleksperiment van heteroseksuele mans"

Rubberduif

Neo Mehlomakulu Poësie 2025-12-11

"ek’s op soek na die gatta se rubber bullet gun
om my trooswoorde op te skiet
die hemel
die gekraakte kraal in"

Op pad huis toe van 'n stokvel-party af

Neo Mehlomakulu Poësie 2025-10-30

"Op pad huis toe van ’n stokvel-party af het my pa my ma geslaan"

Doelwitte van ’n wannabe superstar

Neo Mehlomakulu Poësie 2025-09-11

"ek wil groot uit hierdie lewe stap
met my naam ge-hall of fame langs die ronelda kamfers en andrei tarkovskys"

Dood van ’n voormalige troublemaker

Neo Mehlomakulu Poësie 2025-09-04

"die oggendvoël het ’n sad song gesing en
die oggendtrein is weer vir moord geframe."

Hollywood

Neo Mehlomakulu Poësie 2025-04-24

"ek het gedroem van ’n pa wat oppie punt van kopbeenplek gestaan het,
ennie drankdemoon access deny het."

Seun van Satan

Neo Mehlomakulu Poësie 2024-11-28

"en hulle die rooipadstof laat opstaan het
en hulle die rooipadklippe teen jou gedraai het
en hulle hulle vuiste teen jou gedraai het
en hulle jou trane teen jou gedraai het"

Genesis II

Neo Mehlomakulu Poësie 2024-11-21

"jou drome nog drome van dokter-pablopicasso-en-alles-innie-wêreld word"

Cavin Solly Smith

Neo Mehlomakulu Poësie 2024-11-14

"mag die son die koue nagte vir jou uitbrand
en mag die wolke saans jou slaap sag maak"

Kinderjare-blues

Neo Mehlomakulu Poësie 2024-08-29

"waar ek kon sit en kyk
hoe my ma stywe pap uit warm water en mieliemeel optower"

Reënerige four o’ clocks

Neo Mehlomakulu Poësie 2024-07-04

"hier sit ek nou en dink aan jou.
nie aan jou gespattery wat sonder waarskuwing was nie,
maar aan al daai tye wat djy oorgeslaap het,
en dit snaaks genoeg elke keer oppie kop four o’ clock sonder waarskuwing gereën het."

Club 5113

Neo Mehlomakulu Poësie 2024-05-02

"nog gister het julle my op die discobal gesit en my siel glo belig!"

Belydenis van ’n tagtigjarige

Neo Mehlomakulu Poësie 2024-02-21

"en ek word versmoor deur die stinkende stilte
van my hede
en my toekoms
en die geraas van my verlede."

Top