
Foto: Canva
Rubberduif
ek’s op soek na die gatta se rubber bullet gun
om my trooswoorde op te skiet
die hemel
die gekraakte kraal in
op na die Jabins en die Nigels
die Astons en die Oswalds
die dirty guns en die halwe bakstene
die onskuldiges en die Ciskas
die opgehangde jongmensdrome en medemenslikheid

