Reënerige four o’ clocks
2024-07-04"hier sit ek nou en dink aan jou.
nie aan jou gespattery wat sonder waarskuwing was nie,
maar aan al daai tye wat djy oorgeslaap het,
en dit snaaks genoeg elke keer oppie kop four o’ clock sonder waarskuwing gereën het."
Belydenis van ’n tagtigjarige
2024-02-21"en ek word versmoor deur die stinkende stilte
van my hede
en my toekoms
en die geraas van my verlede."
Debat
2023-08-17"verskaf deur egomaniese doodsengele,
wat stry oor wie hom die beste,
na sy dood kan gooi."
Die geel dag
2023-08-10"en teruggereis in tyd
en lot se vrou bevry van haar soutpilaar-tronk
ek het saam met julie andrews
oor die heuwels gehardloop"
Die kinders hier
2023-07-06"die kinders hier is stom op nagte van sang en dans
bring tog die magiese lamp"
Kopbeenplek 2030
2023-05-04"toe die sterre
en planete
mekaar opvreet
en die mense
en die diere
en die aliens
in hul asems versmoor"
Goliat
2023-03-30"ek het jóú gesoek in elke rooi woord
en maraton-hand wat kon uitskiet sonder genade"
Julle almal
2023-01-26"sonder makeup
sonder over-the-top
barry lyndon-tipe rokke
slide in mother monster’s born this way
as backtrack"
Kom
2022-09-08"kom ons huil die kussings nat
kom ons luister oor en oor
na stromae se fils de joie"
Oordeelsdag: die gevolge van sonde #79
2022-08-18"met sy formidable intro bewusteloos slaan
en deur die eerste verse
sy besluite try reverse
maar toe die chorus tref
het hy my swart siel uitgepluk"
Ous Dulcie
2022-08-04"Dulcie September, kan jy my hoor?
jou statues en monuments kry koud
iewers in ’n kunstenaar se agterkop
iewers in jou comrades se kaalgevrete gewete"
Plesierland
2022-07-13"jou sweet en trane
word gebruik om private jets, exotic vakansies
en Armani-pakke te befonds"

