
Foto: Canva
Die kinders hier
die kinders hier loop honger deur fancy bazaar-strate
bring tog die magiese lamp
die kinders hier sit koud teen vure wat as word
bring tog die magiese lamp
die kinders hier is stom op nagte van sang en dans
bring tog die magiese lamp
die kinders hier eet nie meer duiwe nie
bring tog die magiese lamp
die kinders hier loop met swart honde rond
bring tog die magiese lamp
die kinders hier verruil God om elke hoek
vir Satan se belofte van immortal genesing
bring tog die magiese lamp

