
Foto: Canva
Judas
toe ek myself aan jou toevertrou
was jy die engele gabriël, michael en raphael
nooit het ek gedink dat ek my drome sou verraai nie
nooit het ek gedink dat ek isak op abraham se altaar sou wees nie
nooit het ek gedink dat ek deur die krokodille in jou liefdespoel verslind sou word nie


Kommentaar
Skitterend geskryf.