Die geel dag

  • 2

Foto: Canva

Die geel dag

teen einde junie het die donker dae geval
en sielloos op die sypaadjie bly lê
ek het uit dankbaarheid gekniel
en teruggereis in tyd
en lot se vrou bevry van haar soutpilaar-tronk
ek het saam met julie andrews
oor die heuwels gehardloop
en gesing
en gespring
en asemloos die gras platgeval

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top