Kopbeenplek 2030

  • 0

Foto: Canva

toe die sterre
en planete
mekaar opvreet
en die mense
en die diere
en die aliens
in hul asems versmoor
het ek myself aan die hemelplafon
opgehang
en verskiet
na ’n verre dorre land
waar almal versuip in hul sondes
en politikusse uitgebrand word
hulle is die bleskop boepense
en grys konte
wat immortal dienste beloof het
maar nou word hulle sonder sout
deur die vleesvretermiere en -wurms
opgevreet

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top