
Foto: Canva
Oordeelsdag: die gevolge van sonde #79
van krieke en kakkerlakke begrawe
is ek nou ’n hemellose hoer
ek fight met sad songs
en stromae is moeg getry my sondes weglek
hy vervloek my tot born to die
in lana del rey se giftige love song
en doop my in satan se opbraaksel
waar hy my breins
met sy formidable intro bewusteloos slaan
en deur die eerste verse
sy besluite try reverse
maar toe die chorus tref
het hy my swart siel uitgepluk
en met fiona apple se paper bag
die krieke en kakkerlakke geroep om te brag
oor ek nou soos ’n idiot
en met ’n stywe piel
oor satan se diep orange vlamme
houtskool braai


Kommentaar
Net jy Neo kan dit verwelk.
Sterk!
'n Vraag: Wie is die "hy" wat ons teëkom in reël 5 en verder?
Baie dankie, Morné en Jacobus.
Jacobus: dit is die "Stromae-karakter". 🙂
Beste Neo Mehlomakulu,
Sien jy nou! Jy wil mos jou buurman se os, sy esel en goete begeer!
Neo, ek lees al jou gedigte en is mal daaroor! Dit is net lekker en ontstellend en kru en raak.