Goliat

  • 0

Foto: Canva

ek het geleef in jou rooi skaduwee
wat oneindigend
en versprei was oor elke vertrek
en gesprek wat jou nie sou raak nie
ek het gehuil op God se skoot
nag na nag
en jou vervloek
en jou doodgemaak in my gedagtes
ek het jóú gesoek in elke man op straat
en klaskamers wat na vaders gelyk het
ek het jóú gesoek in elke rooi woord
en maraton-hand wat kon uitskiet sonder genade

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top