Kinderjare-blues

  • 0

Foto: Canva

Kinderjare-blues

ek betreur die dood van gister se eenvoud
waar ek dooie krieke en kakkerlakke
onder die appelkoosboom kon begrawe
waar ek kon sit en kyk
hoe my ma stywe pap uit warm water en mieliemeel optower
waar ek drieblikkies en poppehuisie
beter as videospeletjies kon speel
waar ek sonder vrees
kind kon wees

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top