Ous Dulcie

  • 1

Foto: Unsplash.com

Ous Dulcie
jou naam lê en vrot iewers in ’n geroeste kabinet
iewers in jou dalk dooie moordenaar se mond
hulle sê jy was ’n struggle hero
maar ek het jou nog nooit raakgelees in ’n geskiedenisboek nie

daar in die stad van liefde
(vertel uncle Google my)
het hulle jou met haat die ewigheid ingestuur
die ANC-kantoor se voordeur versier met jou bloed
jou eie hall of fame, Dulcie!

Dulcie September, kan jy my hoor?
jou statues en monuments kry koud
iewers in ’n kunstenaar se agterkop
iewers in jou comrades se kaalgevrete gewete

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top