Rivierstraat

  • 1

Rivierstraat

Foto: Canva

Een oggend
was daar ’n begrafnis
vier huise van ons huis af
dit was ’n celebrity-suiplap se begrafnis
en al sy dronk tjommies het gekom
om hul laaste bier
en dronkverdriet
met hul gevalle god te deel
die oorledene se familie
het matching suits en rokke aangehad
met hul neuse in die lug
en fake trane wat by hul wange afgerol het
clearly net hier
om te kyk wat elkeen van hulle kon erf
die lykskouer en sy helpers het ’n cheap kis
uit die lykswa gerol
en soos robotte met die kis op hul skouers
die vuil jaart ingemarch
ek het skielik aan die huil geraak
nie omdat ek hartseer vir die oorledene was nie
maar omdat ek nie soos hy wou doodgaan nie:
arm, dronk en alleen

 

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top