
Foto: Canva
Belydenis van ’n tagtigjarige
Alles rondom my is op mute
en my dood kô aangehaloep in slow motion.
Ek is ’n sak bene op my kleinkind se kooi
en ek word versmoor deur die stinkende stilte
van my hede
en my toekoms
en die geraas van my verlede.


Kommentaar
Awesome!
Die hartseer van gemeenskappe wat nie meer omgee nie, almal vir hulself. Miskien het die wiel gedraai, ek weet nie, dit bly hartseer.
'n Mens kan nie anders nie as om te erken dat jy ook sulke ervarings deurmaak wanneer jy hierdie ouderdom bereik. Maar daar is ook wendinge in 'n mens se lewe!