
Foto: Canva
Reënerige four o’ clocks
hier sit ek nou en dink aan jou.
nie aan jou gespattery wat sonder waarskuwing was nie,
maar aan al daai tye wat djy oorgeslaap het,
en dit snaaks genoeg elke keer oppie kop four o’ clock sonder waarskuwing gereën het.
ek het jou elke keer styf vasgehou
en djy’t my elke keer stywer vasgehou
en my laat glo dat ons nooit uitmekaar sou spat nie.


Kommentaar
Lieflik, slim beeld van intimiteit en afstand.