
Foto: Canva
Dood van ’n voormalige troublemaker
daai oggend het eskom alles afgesit.
die paaie is tot stilte gesnoer en
die mense in cobble-on-main en rivierstraat was doof getoor toe sy eks-buddies sy kop van
sy liggaam afgepluk het!
die oggendvoël het ’n sad song gesing en
die oggendtrein is weer vir moord geframe.

