Op pad huis toe van 'n stokvel-party af

  • 1

Foto: Canva

Op pad huis toe van ’n stokvel-party af

Op pad huis toe van ’n stokvel-party af het my pa my ma geslaan
sy’t my broertjie op haar rug gehad en ek het my huilende sustertjie se hand vasgehou
byrie bushokkie se kant hettie reën geval,
my hartjie het vinniger geklop,
my sustertjie het harder gehuil,
my broertjie hette epileptiese aanval op my ma se rug gekry,
en my pa het my ma met my broertjie en al oppie grond gegooi!

my sustertjie en ek het agter ’n vullisdrom langs die bushokkie geduik,
en angsbevange vi die reën weggekruip.

  • 1

Kommentaar

  • Carlie Schiel

    Ek kan die trauma voel in jou beskrywing. Ook die reën as metafoor is vir my werklik treffend. Dankie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top