
Foto: Canva
Aan die oudste vriendskap innie wêreld
Vir Cynthia
Ek dink en ek dink oor hoe djy in spanning wag dat ek finally ’n gedig oor jou moet skryf
En ek dink en ek dink en ek wonder wát ek oor jou sal wil skryf
En hoe diep binne my wiet ek dat ek niks sal kan skryf nie
Nie omdat ekkie oor jou wil skryf nie maar waa begin ’n mens met skryf oor ’n vriendskap
van oor duisende leeftye?

